20 jaar gelede
Maandag 8 Desember
• Noodlottige padongelukke het in die eerste naweek van die skoolvakansie vyf Namibiërs se lewens in drie verskillende voorvalle geëis.
• Grootskeepse ontevredenheid oor die hantering van landsake die afgelope sewe jaar en die manier waarop Swapo die Rundudebakel hanteer het, wat ook tot die uitstel van die verkiesing vir die plaaslike owerhede gelei het, was dié naweek die rede vir massa-oorloopaksie deur die teenwoordigers van Swapo se megabasis op die dorp.
• Pres. Sam Nujoma sê daar is geen regverdigheid daarin dat 'n absolute minderheid die grootste deel van die land se kommersiële landbougebied besit nie.
Dinsdag 9 Desember
• Die geskiedkundige Kruiskaap aan die Namibiese kus gaan oor die volgende twee jaar teen 'n koste van sowat N$100 miljoen omskep word in die grootste enkele soutmyn in Afrika en een van die wêreld se top soutproduseerders.
• El Niño is besig om sy tol te eis en daar bestaan nie meer twyfel daaroor dat Namibië saam met die grootste gedeelte van Suider-Afrika 'n vernietigende droogte in die gesig staar nie.
• Groei in die Namibiese toerismesektor kan alleenlik verhoog word indien Windhoek gevestig word as 'n poort vir besoekers na ander dele in Suider-Afrika.
Woensdag 10 Des - Vakansiedag
Donderdag 11 Desember
• Namibiërs kan weer regmaak om hul gordels in die nuwe jaar stywer te trek weens 'n verwagte ekonomiese insinking. Die voorspelde vernietigende uitwerking van die El Niño-verskynsel op die landbou-sektor, die terugslae wat die visbedryf teister en die probleme wat die mynbedryf in die gesig staar, word hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik gehou.
• Dwelmsmokkelary oor die grense van Namibië is Dinsdag 'n nekslag toegedien toe 'n roetine ondersoek by 'n padblokkade naby Keetmanshoop op 'n groot dwelmvonds uitgeloop het.
• Die huidige vloot vliegtuie wat op Air Namibia se buitelandse en nasionale roetes gebruik word, gaan voor 1 April aanstaande jaar vervang word met nuwe vliegtuie ingevolge 'n transaksie van etlike miljoene Namibiese dollars.
Vrydag 12 Desember
• Die lankverwagte aankondiging van die kabinetskommeling is gister deur President Sam Nujoma in die Staatshuis gedoen. Ondanks verwagtinge dat die skommeling ingrypende veranderinge in die land se hoogste politieke uitvoerende liggaam sou veroorsaak, is die omvang van die aankondiging oor die algemeen as teleurstellend bestempel.
• Onverwagte maar welkome reënbuie het die afgelope week oor groot dele van Namibië uitgesak en tot soveel as 65 mm is Maandagaand op Otjisondu in die Omitara-omgewing gemeet.
• Twee gewilde Egoli-sterre, Shaleen Surtie-Richards en Cliff Simon, is môre om 11:00 in Windhoek by die Wernhillpark-inkoopsentrum.
• 'n Bobbejaan was waarskynlik verantwoordelik vir 'n brand wat Woensdag by die Otjihase-myn uitgebreek het toe hy op oorhoofse elektriese kabels geklim en 'n kortsluiting veroorsaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie