20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 13 Maart 2000

• Ontevredenheid oor die wyse waarop die Permanente Sekretaris van Buitelandse Sake verlede jaar na bewering deur inmenging van pres. Sam Nujoma aangestel is sonder dat aan wetsvoorskrifte voldoen is, het die Staatsdiensunie van Namibië en die ondersekretaris van dié ministerie genoop om die Hoërhof te nader.

• Twee mortierbomme is gistermiddag uit Angola op Namibiese grondgebied gevuur in die jongste in 'n reeks voorvalle die naweek waarin die Angolese oorspoel-oorlog die lewens van drie mense geëis het.



Dinsdag 14 Maart 2000

• Unita is besig met 'n magsopbou van troepe in Suid-Angola wat met verskerpte intimidasie en insypeling in die Kavangostreek gepaard gaan.

• 'n Stigma dat beleggings in die mynwese met 'n hoë risiko gepaard gaan, klou reeds aan die ontwikkeling van die bedryf.

• 'n Erediens in die NG-kerk op Swakopmund is Sondagoggend ná net sowat twintig minute verdaag nadat een van die kerkgangers, mnr. Hennie Grobler, onder gebed 'n hartaanval gekry het.



Woensdag 15 Maart 2000

• Namibië se onoorwonne wêreldbokskampioen, Harry Simon, is gister in die Walvisbaaise landdroshof vrygespreek op twee aanklagte van aanranding en een van kwaadwillige saakbeskadiging.

• Sewe werkers van die plaas Finale, naby Gobabis, onder wie vyf vroue met jong kinders, is dood deurdat hulle tuisgemaakte tombo gedrink het waarby swembadsuur gegooi is om die drank ekstra skop te gee.

• Leiers van lande in Suidelike Afrika het gister 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om Mosambiek se buitelandse skuld te kanselleer om die land te help herstel ná verwoestende vloede en siklone.



Donderdag 16 Maart 2000

• 'n Ondersoek op die hoogste vlak na die uitwerking wat die voortslepende militêre bedrywighede in Kavango en Caprivi op toerisme en die ekonomie uitoefen, het gister op Rundu begin.

• Daar steek geen waarheid in gerugte dat die dag voor en ná Onafhanklikheidsdag op 21 Maart ook vakansiedae gaan wees nie.

• Telecom kan die huidige krisis wat beskadigde ondergrondse telefoonkabels in Windhoek meebring, glad nie hanteer nie en het reeds tenders uitgereik vir sowat twintig gekwalifiseerde vakmanne in Suid-Afrika om die skade te kom herstel.



Vrydag 17 Maart 2000

• Die Ministerie van Buitelandse Sake het 'n intensiewe ondersoek van stapel laat loop oor Namibiërs wat na bewering hulp aan Unita verleen.

• Boemelaarsdrome het gister op Swakopmund in as vergaan toe meer as 'n ton vars vleis in die dampe van ou olie en bruiklose buitebande vernietig is.

• Voorheen oorloggeteisterde gebiede in die suide van Angola gaan uit Namibië van elektrisiteit voorsien word ingevolge 'n kragooreenkoms.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!