20 JAAR GELEDE
MAANDAG 16 JUNIE 1997
• Enkele ure voordat 'n belangrike besluit op die Cites-konferensie in Harare oor beperkte handel in ivoor geneem word, het die Namibiese Polisie Vrydagnag 'n Windhoekse sakeman met twee olifanttande ter waarde van N$60 000 in sy besit betrap.
• Air Namibia het vir die tweede keer in minder as 'n maand swaar finansiële verliese erken en terselfdertyd aangekondig dat die moontlikheid ondersoek word om 'n nuwe passasierstraler van sowat N$500 miljoen aan te skaf.
DINSDAG 17 JUNIE 1997
• Die finansiële krisis waarin die visbedryf hom tans bevind weens skerp afskaling in viskwotas en swak vangste het 'n nuwe visreus in Namibië laat verrys.
• Die hernieude Angolese burgeroorlog het reeds begin om na Namibië oor te spoel nadat altesaam 217 Angolese mans, wat verlede week ná maande van aanhouding in Namibiese tronke, gedeporteer is en die afgelope naweek onder dwang in die land se weermag opgeneem is om op nuwe gevegsfronte ontplooi te word.
WOENSDAG 18 JUNIE 1997
• Massa-ontsnapping uit die polisieselle op Mariental, met minstens een vermeende moordenaar onder die ontsnaptes, het die polisie gister genoop om 'n laer te trek met 'n verbod op die bekendmaking van enige inligting oor die voorval.
• Georganiseerde landbou sal in die nabye toekoms geldelik onafhanklik wees. Vleisraadheffings sal verval en die stabilisasiefondse sal vir die stabilisering van die vleisbedryf aangewend word.
DONDERDAG 19 JUNIE 1997
• Die tenderaars in die wedloop om 'n nuwe presidensiële straler aan die Namibiese regering te voorsien, het nou oorgegaan tot die punt waar die spel vir die gehoor gespeel word deurdat 'n tweede tenderaar sy presidensiële voorstel op 'n openbare nuuskonferensie verduidelik het.
• Die verbete poging van oorsese drukgroepe om die Epupa-waterkragskema te kelder, het gister groter momentum gekry toe die Dresdener Bank AG in Duitsland, die moedermaatskappy van die Commercial Bank of Namibia, gesê het dat geen finansiering vir die projek verskaf sal word nie.
VRYDAG 20 JUNIE 1997
• Die Epupa-damprojek en gepaardgaande Himba-verset het die NBC opnuut in die maalkolk van onbeheersde rassisme en beskuldigings van 'n Europese sameswering teen die Namibiese-regering.
SONDAG 22 JUNIE 1997
• 'n Rugbyspeler van 'n senior Windhoekse klub is weens beweerde rassisme op die veld aangekla.
• Beweerde korrupsie in die polisiehoofkwartier in Windhoek het vandeesweek aan die lig gekom met die verskyning van 'n senior rekenmeester verbonde aan Nampol se department van finansies in die laerhof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie