20 Jaar gelede
20 Jaar gelede

20 Jaar gelede

Karin Eloff
Maandag 24 November 1997

• Kersvreugde is dié feesseisoen binne bereik van duisende minderbevoorregte kindertjies in Namibië met Die Republikein en Michelle McLean-kindertrust se geldinsamelingsprojek wat vandag van stapel gestuur word.

• Drastiese ingryping vir die algehele hersiening en “oordoen” van magsadministrasie in Namibië is noodsaaklik om die verlore aansien en vertroue van die regstelsel in die oë van die meerderheid van die land se inwoners te herstel.

• Die herinstelling van die doodstraf is beslis taboe, maar uiters swaar strawwe vir misdrywe wat in die verlede as halsmisdade geklassifiseer was, soos lewens­lange gevangenisstraf sonder die moontlikheid van parool of kwytskeldings en die terugbring van die kats vir jeugmisdadigers, is weer op die tafel.



Dinsdag 25 November 1997

• Die Gemeenskap van Aranos is ondanks beskuldigings van rassisme bereid om vuur met vuur te beveg. Die boere-gemeenskap en inwoners van die dorp sal hul optrede teen vermeende misdadigers voortsit, al moet vier van hulle vroeg in Januarie in die hof verskyn op verskeie klagte in dié verband.

• Honderde mense kan ná 'n grondwetlike deurbraak in die Hoërhof volwaardige burgers van Namibië word nadat hulle dié reg langer as sewe jaar ontneem is.

• Swak organisasie en beplanning deur die Regering het weer aan die lig gekom toe die Eerste Minister erken het dat slegs sommige ministeries in hierdie finansiële jaar geld beskikbaar het vir die beoogde internetstelsel van miljoene dollars vir die staat.



Donderdag 27 November 1997

• Die visbedryf in Namibië bevind hom die derde agtereenvolgende jaar in 'n krisis met die vasstelling van die viskwotas vir 1998. Dié bedryf, wat nou sowat 22 persent tot die bruto binnelandse produk bydra, is met die kwota-aankondigings gister opnuut in onsekerheid gedompel, wat uiteindelik die landsekonomie 'n ernstige knou kan toedien.

• Die Regering is nie gekant teen Suid-Afrikaners of mense van enige ander nasionaliteit wat in Namibië werk en leef nie, sê pres. Sam Nujoma.

• Die Namibië Brouerye het besluit om sy grofgeskut teen die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) te ontplooi met 'n aansienlike eis om skadevergoeding weens 'n tussentydse Hoërhof-interdik ten gunste van die Namibië Brouerye.



Vrydag 28 November 1997

• 'n Droë boomstomp en genade van Bo het meegebring dat 'n bekende in onderwyskringe en oudhoof van die Hoërskool Otjiwarongo, mnr. Frikkie Louw, vandeesweek met net 'n erg ver­skeurde arm van 'n geveg met 'n gekweste leeuwyfie afgekom het.

• Die Afrikaanse spreekwoord om 'n plaas in die middel van Eloffstraat te besit, het nuwe betekenis gekry toe die Windhoekse munisipaliteit 'n ewe waardevolle transaksie met die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, goedgekeur het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!