20 jaar gelede
Maandag 19 Julie 1999
• ‘n AWB-brief wat deur die Namibiese Intelligensiediens (NIA) voorgehou is as aanhitsing van geweld onder Afrikanerboere weens die regering se grondbeleid, is vervals en kan deel wees van ‘n politieke disinformasieveldtog van Swapo.
• Internasionale druk is die naweek op die Namibiese regering uitgeoefen om pensioene vir bejaardes te verhoog.
• Die Profeet van Stübelstraat is dood: Chris Coetzee het in sy geliefde Namibië gesterf.
Dinsdag 20 Julie 1999
• Die grondwetlikheid van die wetgewing op die omstrede Namibiese Nasionale Herversekeringskorporasie gaan binne die volgende dae in die Hoërhof getoets word.
• Om op die ouderdom van vyftig jaar met ‘n bergfiets in 19 dae van Wellington in die Wes-Kaapland na Windhoek te ry, is nie kinderspeletjies nie, maar dit is wat mnr. Hans Kisting gedoen het.
• Die Ministerie van Binnelandse Sake het ‘n ondersoek gelas na die herkoms van ‘n Namibiese identiteitsdokument wat aan die beweerde mafia-baas, Vito Palazzolo, alias Robert Von Palace Kolbachenko, uitgereik is.
Woensdag 21 Julie 1999
• Onderwyl verkeersbeamptes gister in Windhoek op drakoniese wyse uitvoering gegee het aan die padvoertuigordonnansie waarvolgens Suid-Afrikaanse voertuie plaaslik geregistreer moet word en oortreders voor die voet in hegtenis geneem is, het hul hoof lynreg in stryd met die optrede dié einste wetgewing in die Nasionale Vergadering skerp gekritiseer.
• Die Rehoboth-dorpsraad sal vandag sy Rubicon moet oorsteek ten einde die waterkrisis op te los.
• Nege jaar nadat die Boesmanspoorsnyers wat die Suid-Afrikaanse weermag in die Namibiese bosoorlog bygestaan het in Suid-Afrika gaan woon het, word daar nou gevrees dat die groep besig is om uit te sterf.
Donderdag 22 Julie 1999
• Toringhoë teleskope waarmee verskynsels in die heelal bestudeer gaan word, sal binnekort in die Gamsberg-omgewing verrys wanneer met ‘n multi-nasionale sterrekunde- en astrofisika-projek van wêreldbelang in Namibië begin word.
• Een van die verdagtes in die Karibib-roofsaak het gister in die Windhoekse Hoërhof getuig die rede waarom hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het, is dat hy op ‘n misterieuse wyse in ‘n restaurant in Windhoek sy bewussyn verloor en eers twee dae later in Kaapstad wakker geword het.
• Vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo is ‘n stap nader met die totstandkoming van die Gesamentlike Militêre Kommissie (GMK) en ‘n Politieke Komitee in Lusaka, Zambië.
Vrydag 23 Julie 1999
• Dubbelpratery, verbreekte verhoudinge en karaktermoord kan pogings om die Namibiese skrum van samewerking te verstewig, dié naweek op die vooraand van die finalisering van sy Wêreldbekerdeelname in Wallis in duie laat stort.
• Namibië is besig om te verander in ‘n staatsbeheerde ekonomie met die regering wat meer as vyftig persent van die land se ekonomiese aktiwiteite beheer en steeds aan die uitbrei is.
• Spanning is aan die oplaai in die Steinhausen-omgewing waar Swapo en die Namibiese Plaaswerkersunie beplan om ná onlangse gebeure in die streek Saterdag ‘n vreedsame demonstrasie te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie