20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 23 Augustus 1999

- Namibiërs verenig sedert Vrydag op ongekende wyse uit protes en verset teen die gruweloptrede van die veiligheidsmagte wat onder die Caprivi-noodtoestand gepleeg word.

- Ontevredenheid oor grondhervorming, hervestigingsbeleidstellings en voorgestelde wetgewing oor die administrasie van kommunale grond is enkele klagtes wat meer as sewehonderd kommunale boere in September tydens ‘n opmars na Staatshuis voor pres. Sam Nujoma se deur wil lê.

- Wetgewing om geldwassery in Namibië te bekamp, kan moontlik binnekort die lig sien.

- Toiletgeriewe by Windhoek se howe voldoen nie aan standaarde nie.

Dinsdag 24 Augustus 1999

- Unita-grensskendings die afgelope dae is die jongste veiligheidskommer wat in die Caprivi/Kavango-gedeelte aangrensend aan Angola teen Namibië aanstorm.

- Asof die onmenslike aanrandings op vermeende afstigters in die tronk op Katima Mulilo nie genoeg is nie, hang die swaard van moontlike MIV/vigs-besmetting ook boonop oor hul kop.

- Watertoevoer van Rehoboth is ter wille van die humanitêre, higiëniese en gesondheidsituasie tydelik deur NamWater op Woensdag en Vrydae na normal herstel.

- Die geniepsige en selfs dodelike griepvirus wat Namibië die afgelope maand wurg, kan die land se bruto binnelandse produk vir 1999 met tot N$30 miljoen knou.

-

Woensdag 25 Augustus 1999

- Die aanslag vir die afstigting van Caprivi is van buite Namibiese grense gereël en van stapel gestuur – Unita het wapens verskaf en Zambiese grondgebied was die platform vir die opleiding van die Caprivi-rebelle.

- Midde die opsienbare onthullings van ‘n aanslag uit die vreemde het die Namibiese president, mnr. Sam Nujoma, gister die boek voorlopig op die Caprivi-opstand toegemaak toe hy die noodtoestand opgehef het.

- Die Regering hoop dat die Wet op Regstellende Aksie binne die volgende twintig jaar nie langer in Namibië toegepas hoef te word nie.

- Drie groot kruise op ‘n heuwel net oos van Karibib is ‘n simbool van die Bybelse Weg van Smarte en het niks te make met die een of ander noodlottige ongeluk soos wat algemeen aanvaar word nie.

Donderdag 26 Augustus 1999

- Heldedag (geen koerant)

Vrydag 27 Augustus 1999

- Internasionale pogings word aangewend om die status van sowel nuwe Namibiese uitgewekenes in Botswana as dié van die leier van die Caprivi Liberation Movement, mnr. Mishake Muyongo, vas te stel.

- Namibiërs uit alle lae van die samelewing moet bereid wees om, soos onlangs in Caprivi bewys is, die gebiedsintegriteit van die land te verdedig, het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, gister in sy toespraak op Heldedag gesê.

- Mynwese in Namibië is N$100 miljoen kwyt – AngloGold word deur omstandighede gedwing om dié beplande belegging in ‘n skag-uitbreiding by die Navachab-myn op Karibib te laat vaar.

- Trane weens aandoening, trane van hartseer oor die pyn en lyding, en ook trane van vreugde oor die weersiens het gister in die Katolieke Hospitaal in Windhoek gevloei toe mnr. Geoffrey Mwilima ná 22 dae weer met sy familie herenig is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!