20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 17 Januarie 2000

• Die laaste woorde van een van die vyf hinderlaagslagoffers van Chetto in Wes-Caprivi voor sy aan haar wonde beswyk het, het die lewe van 'n sestienjarige meisie, Theordores Chizabulo, gered.

• Geen spoedige einde aan die Angolese burgeroorlog en die oorspoel-uitwerking op Namibië word in die afsienbare toekoms voorspel nie.

• Oorsese handelaars wat die eerste tentoonstelling van Namibië se halfedelstene en minerale die naweek op Karibib bygewoon het, verlaat die land met meer as een miljoen Duitse mark weens 'n onvervulde belofte deur owerhede dat uitvoerpermitte vir die stene by die skou uitgereik sou word.



Dinsdag 18 Januarie 2000

• Spanning is besig om breekpunt op Rehoboth te bereik as gevolg van 'n vermoedelike verkeerde vertolking van uittreksels uit die Rukoro-verslag ingevolge waarvan inwoners nou na willekeur huise begin oprig op erwe wat deur die dorpsraad uitgegee is.

• Die veiligheidsituasie in die noordooste van die land het die beplande N$480 miljoen onderwyskompleks op Katima Mulilo in die weegskaal geplaas.



Woensdag 19 Januarie 2000

• Die beweerde gruweldade langs die Namibies-Angolese grens het die VVO se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) genoop om sy teenwoordigheid in Namibië te versterk ten einde die ware toedrag van sake vas te stel.

• Die veiligheidsituasie in Kavango is gister op die hoogste wetgewende gesag gedryf deurdat die DTA van Namibië parlementslede versoek het om dit die onderwerp van 'n dringende bespreking te maak.



Donderdag 20 Januarie 2000

• Midde 'n week waarin regeringsinligting oor die situasie in Kavango in 'n kombers van swye toegewikkel was, is die lyke van ses Namibiërs en die inhegtenisneming van vyf ander die beweringe van 'n steeds verslegtende toestand op die noordgrens van die land.

• Die regering is sedert gister deel van die globale webruimte van die internet ná 'n stelsel van meer as N$3 miljoen by die Brendan Simbwaye-plein in Goethestraat in Windhoek amptelik geopen is.



Vrydag 21 Januarie 2000

• 'n ­Kommunikasiekortsluiting tussen die Ministerie van Verdediging in Windhoek en die veiligheidsmagte op Rundu het 'n poging tot owerheidsdeursigtigheid oor die grenstoestand met Angola aan skerwe geruk.

• Altesame 81 gehawende mans in burgerlike klere, sommige kaalvoet, is gister op Rundu voor die media geparadeer en as vermeende “Unita-rebelle” voorgehou.

• Vyf Namibiese soldate is dood en elf gewond tydens 'n militêre operasie Maandag in die Demo­kratiese Republiek van Kongo (DRK) waartydens die rebellebeleg by Ikela beëindig en nagenoeg drieduisend Namibiese, Zimbab­wiese en Kongolese soldate bevry is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!