20 jaar gelede
Maandag 24 April 2000 (OPENBARE VAKANSIEDAG)
Dinsdag 25 April 2000
Paasnaweek was die Unita-dekmantel vir ’n verandering in rebelletaktiek waaronder die eerste aanslae teen Namibiese militêre teikens waarin die Spesiale Veldmag uitgesonder is.
’n Summiere einde is gemaak aan duisende Namibiese dollars wat maandeliks die land verlaat as gevolg van ’n wanbeleid van erkende groot Suid-Afrikaanse kettinggroepe ten opsigte van die heffing van versekering vir huurkooptransaksies.
Suider-Afrikaanse inisiatiewe om ’n oplossing vir die krisis in Zimbabwe te kry word vandeesweek in London op die spits gedryf wanneer ’n regeringsafvaardiging van dié land Brittanje besoek.
Namibië het anders as sy Suid-Afrikaanse buurman, waar byna honderd mense die afgelope Paasnaweek in motorongelukke gesterf het, een van sy stilste naweke in jare beleef met net twee noodlottige ongelukke wat teen druktyd bekend was.
Woensdag 26 April 2000
’n Langverwagte wetsontwerp oor die stigting van ’n Namibiese Toerismeraad wat vir die betrokkenheid van die private sektor by die beheer van standaarde en die registrasie van toerisme-instellings voorsiening maak, is gister in die Parlement ter tafel gelê,
’n Bedrogketting met getuiefooie waarby ’n senior staatsaanklaer en verskeie polisiemanne op Gobabis na bewering sedert 1998 betrokke was, het gister in die landdroshof op dié dorp aan die lig gekom.
Namibië, Suid-Afrika en Mosambiek is gister deur die Britse premier, mnr. Tony Blair, gewaarsku dat die Zimbabwiese krisis nadelige gevolge vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) kan inhou.
Die Nasionale Botaniese Tuin is verlede week amptelik in Windhoek geopen om as ’n sentrum vir opvoeding, ’n veilige toeriste-aantreklikheid in die stad en die bevordering van die land se groot verskeidenheid inheemse plante te dien.
Donderdag 27 April 2000
Die laaste hoofstuk in die geskil oor skenkings van vismaatskappye vir die huweliksonthaal van die Minister van Visserye en Marienehulpbronne, mnr. Abraham Iyambo, is gister met ’n omvattende en manmoedige verskoning afgesluit.
Die onstabiele toestand in die noordooste van Namibië het die afgelope Paasnaweek vir van die laagste besettingsyfers van lodges nog gesorg.
In hernude pogings om nuwe stukrag aan die vredesinisiatiewe in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te gee, besoek pres. Clinton se buitengewone gesant vir Afrika se Groot Mere-gebied, dr. Howard Wolpe, vandeesweek verskeie lande in Afrika wat in die oorlog in die DRK gemoeid is.
Sowat 587 mense het verlede jaar weens malaria in Namibië gesterf met 86 present van dié gevalle wat in die streke Caprivi, Kavango, Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Omusati voorgekom het.
Vrydag 28 April 2000
’n Nag van vrees en trauma in die skoonheid van die Waterberg-Platopark to 15 volwassenes en kinders in die maanlig met AK 47’s gedreig is, kan binnekort op ’n hofsaak teen Namibia Wildlife Resorts en die Namibiese Polisie uitloop.
’n Namibiese dwelmnet lê oop. Die polisie weet nou dat die land nie meer bloot ’n deurgangsroete vir buitelandse smouse van die dood is nie, maar dat ’n plaaslike mark vir die “wit stof” ontwikkel word.
’n Koel en formele atmosfeer het gister in London die ontmoeting tussen die Britse minister van buitelandse sake en ’n afvaardiging van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe gekenmerk toe die twee partye samesprekinge oor die politieke anargie in Zimbabwe gevoer het.
Suider-Afrika het in die spervuur van kritiek beland omdat lande nie duidelike beleidstellings vir die hantering van natuurrampe het nie.
’n Gerusstellende boodskap oor die stand van die ekonomie in Namibië en die land se totale skuldlas is in die Nasionale Vergadering (NV) deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, gegee toe hy repliek gelewer het op die tweedelesingsdebat van die nasionale begroting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie