20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 14 Augustus 2000

- ’n Verwoestende veldbrand wat deur ’n sterk wind aangeblaas is, het gister etlike duisende hektaar se kosbare weiding op plase oos van Windhoek in die slag laat bly.

- ’n Dringende vergadering is deur die Franse ambassade in samewerking met ander diplomatieke sendings met die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) en die Namibiese owerhede belê om die toenemende misdaadgolf in die land aan te spreek.

- Die implementering van ’n beleidsrigting om mededinging in die bankwese in Namibië te verhoog en te behou, moet dringende aandag geniet om sodoende ekonomiese groei in die land te bevorder.

Dinsdag 15 Augustus 2000

- Die suiker wat Telecom Namibia verlede week oor sy jongste tariefaanpassings gesmeer het, verdoesel die bitter pil van ’n algehele verhoging van 200 persent tussen nou en 1 Maart aanstaande jaar, wanneer ’n tweede stel prysskokke in werking tree.

- Verterende veldbrande het die afgelope dae minstens 30 000 hektaar weiding in verskillende dele van die land verwoes.

- Tariewe van selfoonoproepe bly onveranderd en gaan ondanks Telecom-verhogings – wat ook ’n uitwerking op MTC-koste het – nie deur die sellulêre diensverskaffer aan kliënte oorgedra word nie.

Woensdag 16 Augustus 2000

- Nog ’n poging om die vredesproses in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) op spoor te kry het gister in die vroeë oggendure in die Zambiese hoofstad, Lusaka, misluk.

- Northbank Diamonds se voortgesette prospekteerplanne op Aussenkehr aan die Oranjerivier is net ’n rookskerm vir volskaalse diamantontginning wat die leefwyse, gesondheid en Vryheid van beweging van die mense op dié druiwelandgoed ingrypend sal verander.

- Met drie babalyke wat die afgelope weke langs hoofweë, op vullishope en in watersuiweringswerke in Windhoek en aan die kus aangetref is, blyk dit dat die euwel aan die toeneem is.

Donderdag 17 Augustus 2000

- Die Kubaanse regering het op versoek van pres. Sam Nujoma sy ooreenkoms hersien om geneeshere aan Namibië beskikbaar te stel ten einde ’n nypende tekort aan medici te verlig.

- Dertien gewapende lede van die verbode afstigtingsbeweging, die Caprivi-Bevrydingsleër (CLA), is deur die Namibiese Weermag (NDF) in Wes-Caprivi in hegtenis geneem.

- ’n Kommissie oor die Oranjerivier gaan gestig word om samewerking en gesamentlike beplanning oor waterbronontwikkeling te bevorder tussen Namibië en die drie ander lande wat die rivier deel.

Vrydag 18 Augustus 2000

- Namibiese veiligheidsmagte in Wes-Caprivi het ’n volskaalse soektog na meer as dertig lede van die Kxoe-gemeenskap geloods wat glo betrokke was verlede week toe die verbode afstigtingsbeweging, die Caprivi-Bevrydingsleër (CLA), ’n vrou vermoor en landmyne geplant het.

- Watertoevoer na Rehoboth kan binnekort weer met 50 persent gesny word omdat die dorpsraad hom nie by ’n ooreenkoms met NamWater gehou het om agterstallige skuld te vereffen nie.

- ’n Dringende versoek word aan die publiek en boere gerig om nalatige veldbrande hok te slaan terwyl brande reeds meer as 200 000 hektaar weiveld landwyd verwoes het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!