20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 4 Junie 2001

- In die grootste militêre tragedie sedert Namibië se onafhanklikheid is 16 lede van die Polisie se Spesiale Veldmag in ’n vragmotorongeluk in Kavango dood.

- Boodskappe van meegevoel en huldeblyke het die naweek oor partypolitieke grense ingestroom ná die dood Donderdagnag van dr. Ben Africa – veteraan-politikus van die DTA, medeskrywer van die Namibiese Grondwet en lid van die eerste Nasionale Vergadering (NV) tussen 1990 en 1994.

- Malariagevalle, wat vroeër vanjaar in die noorde van Namibië epidemiese afmetinge aangeneem het, het in nog dele van die land drasties toegeneem, terwyl dorpe soos Grootfontein ’n noemenswaardige afname beleef het.

Dinsdag 5 Junie 2001

- Gerugte dat die Namibiese Grondwet opnuut gewysig gaan word om ’n vierde ampstermyn vir pres. Sam Nujoma moontlik te maak, het ook in Duitsland opspraak gewek.

- Altesame 120 voormalige soldate van die Namibiese Weermag (NDF) word deur die polisie gesoek om getuienis te lewer in ’n bedrog-en-diefstalsaak waarby N$1,4 miljoen betrokke is en in verband waarmee 32 verdagtes in hegtenis geneem is.

- Ontsoute seewater teen ’n prys het Swakopmunders getref nog lank voordat die eerste druppel uit die omstrede aanleg gevloei het.

Woensdag 6 Junie 2001

- De Beers, die internasionale diamantreus met beleggings van multi-miljarde dollars in die Namibiese ekonomie, is hier om te bly.

- Namibiërs wie se rybewyse in die ou Suid-Afrikaanse identiteitsboeke is, sal nie deur die nuwe padverkeer- en vervoerregulasies geraak word nie.

- Sedert die Aardeberaad in Rio de Janeiro in 1992 het Namibië baie van die doelstellings bereik wat die wêreldgemeenskap daar gestel het.

Donderdag 7 Junie 2001

- Namibië is in ’n onsekere posisie oor die gebruik van riviere wat hy met sy buurlande deel weens die land se geringe bydrae tot die watervloei van die riviere.

- Dissipline in die NDF was gister onder verdenking toe ’n voormalige lid weens moord in die Windhoekse Hoërhof tot effektiewe tronkstraf van twintig jaar gevonnis is.

- Kommer oor die geldigheid van testamente in ander landstale behalwe Engels is besweer met ’n versekering deur die Windhoekse Hooggeregshof dat Namibiese wetgewing nie eksklusiewe voorkeure stel nie.

Vrydag 8 Junie 2001

- Die instroming van plakkers na Windhoek bring mee dat die inwonertal jaarliks met 5,4 persent styg.

- In die sterkste sein nog aan moordenaars in ’n onafhanklike Namibië is regsboeke gister herskryf toe die twee “slagters” van die bejaarde Grummet-egpaar van Lüderitz gesamentlik tot 150 jaar tronkstraf gevonnis is.

- Telecom se drastiese tariefverhogings gaan Namibië se landbousektor ’n bykomende N$15 miljoen per jaar kos en die land se mededingingsvermoë internasionaal aansienlike skade berokken.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer