20 Jaar Gelede vir 1 Februarie
Maandag 25 Januarie 1999
- Namibië staan voor die ergste krisis in sy geskiedenis en kan na verwagting binnekort die uitwerkling daarvan aan die ekonomie en alle ander terreine van menslike ontwikkeling in die samelewing begin voel.
- Nagenoeg 300 Namibiese soldate veg na wat verneem word sy aan sy met MPLA-regeringsmagte teen Unita-magte in Angola
- Verligting het die afgelope naweek oor boere in die mielie-driehoek gespoel toe goeie reënbuie die begin van die tweede helfte van die reënseisoen ingelui het.
Dinsdag 26 Januarie 1999
- Dis klaarppraat met swak diens en leeglêery in die staatsdiens. Vanjaar is die jaar waarin die “diens” in staatsdiens ’n werklikheid gaan word.
- Die voormalige hoofbestuurder van die weelderige safari-trein, Shongololo Express, het gister in die Windhoekse landdroshof te kenne gegee dat hy met sy inhegtenisneming Vrydag geensins bewus was dat bedrog van sowat N$800 000 teen hom ondersoek word nie.
- Die Konjore-ondersoek na beweerde ongerymdhede in Keetmanshoop se munisipaliteit sou gisteraand op ’n buitengewone raadsvergadering op die spits gedryf word.
Woensdag 27 Januarie 1999
- ’n Aansoek deur Swapo in die Hoërhof waarin hy die uitslae van die streekverkiesing op Gobabis betwis, gaan in ’n onverwagse wending nie deur enige van die ses respondente teengestaan word nie.
- Die Konjore-verslag oor beweerde ongerymdhede in die Keetmanshoopse munisipaliteit kan nie openbaar gemaak word nie weens sekere gedeeltes daarvan wat deur die dorpsraad as lasterlik bestempel word.
- ’n Windhoekse landdros het gister geweier om borg toe te staan aan die voormalige hoofbestuurder van Shongololo Express, wat van diefstal en bedrog van sowat N$1,1 miljoen verdink word, omdat sy nie oortuig is dat hy in Namibië sal bly om vir sy verhoor op te daag nie.
Donderdag 28 Januarie 1999
- Ná twee maande waarin altesame 20 1566 matrikulante in Namibië in spanning gewag het, word die 1998 IGCSE-eksamenuitslae vandag vrygestel.
- Waterskuld van sowat N$42 miljoen het Namwater gedwing tot ’n dreigement dat waterlewering Saterdag aan verskeie verbruikers gestaak gaan word, indien hul skuld nie betaal word nie.
- Met die inhuldiging van die Kapteinsraad van die Basters binnekort, is daar nog twyfel of dié groep aansoek om erkenning deur die Regering as ’n tradisionele owerheid gaan doen.
Vrydag 29 Januarie 1999
- Die Efundja het minstens twee lewens geëis en bedreig verskeie huishoudings in die vier noordelike gebiede wat voorheen as Owambo bekend gestaan het.
- ’n Boer van Gobabis is gistermiddag per noodvlug na die Windhoek Sentrale Hospitaal se kwarantyn-eenheid oorgeplaas ná hy vermoedelik Kongokoors opgedoen het.
- Herero-eenheid gaan vanjaar ’n prioriteit wees om ’n einde te maak aan die diskriminasie teen dié bevolkingsgroep deur die Regering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie