20 Jaar Gelede vir 1 November
20 Jaar Gelede vir 1 November

20 Jaar Gelede vir 1 November

Karin Eloff
Maandag 1 November 1999

• Vyf mans, gewapen met 'n rewolwer en vier pangas, het Vrydagmiddag kort ná toemaaktyd by Standard Bank rondgaande tak op Khorixas ingestorm en meer as N$260 000 geroof.

• Stembusse en ongebruikte stembusboeke van die 1989-verkiesing sal vanoggend op Ondangwa onder toesig van 'n verteenwoordiger van die Verkiesingsdirektoraat geïnspekteer word.



Dinsdag 2 November 1999

• Vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) kan die reeds uitgemergelde Namibiese ekonomie nog harder knou as wat aanvanklik bereken is.

• 'n Ondersoek ter plaatse na stembusse by die polisiekantoor op Ondangwa waaroor Republikein 2000 gisteroggend op die voorblad berig het, het aan die lig gebring dat die 22 stembusse in die verkiesing van die Owambo tweedevlakowerheid in 1977 gebruik was.

• Alle advertensies waarin seksdienste geadverteer word, is met summiere effek deur Republikein 2000 gekanselleer.



Woensdag 3 November 1999

• Air Namibia het gister sy pas gekoopte Boeing 747-400 Combi veilig verklaar enkele ure nadat die Amerikaanse vervaardigingsreus van Seattle alle 747-, 757-, 767- en 777-vliegtuie vir onttrekking uitgesonder het om 'n foutiewe onderdeel te vervang.

• In 'n oënskynlik hernieude misdaadaanslag op veral die platteland het Nina gister aan die beurt gekom toe 'n groep rowers gewapen met speelgoedgewere op 'n winkel en aangrensende huis toegeslaan het.

• Geweld teen vroue is 'n skending van basiese menseregte. Om dié euwel hok te slaan het die Kantoor van die Aanklaer-generaal vandeesweek met 'n projek begin om howe te hervorm en meer slagoffer-vriendelik te maak.



Donderdag 4 November 1999

• Die kooptransaksie van die TCL-myne het gister 'n belangrike tree nader aan die ­werklikheid beweeg toe 'n Namibiese konsor­tium die eerste hekkie oorgespring en N$1 miljoen in 'n bankrekening gedeponeer het.

• Air Namibia se Fokker F-28 wat onder die vaandel van Kalahari Express moet diens lewer, kon sedert Sondag nog nie in die lug kom nie omdat dit nie oor 'n operateurslisensie beskik nie.

• 'n Ligte reënbui oor die grootste gedeelte van Windhoek het gister­middag die versengende hitte gebreek hoewel die res van die land nie so gelukkig was nie.



Vrydag 5 November 1999

• Die kokende Swapo-pot van binnekringonmin en huismoles dreig aan die vooraand van die verkiesings om ernstige verleentheid in die top-leierskap van die party uit ballingskapgeledere los te laat.

• Nege jaar se onbaatsugtige werk sonder vergoeding het gister vir die bekende duinski-­instrukteur Eric Lon in duie gestort deurdat hy vyf dae gegee is om Namibië te verlaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!