20 jaar gelede vir 10 Februarie 2017
20 jaar gelede vir 10 Februarie 2017

20 jaar gelede vir 10 Februarie 2017

Gerine Hoff
Maandag 03 Februarie 1997

• Die verstommende groei van 5,4 persent en 'n verwagte verdubbeling in die bevolkingsgetal van Windhoek, gaan binne die volgende 15 jaar die beboude gebied van die stad tot op die natuurlike berglyn-grense voer.

• Die ontwikkelingsdroom van Namibië om armoede uit te skakel, kan net gedoen word deur middel van die verkryging van ontwikkeling en beleggings. Daarvoor het Namibië 'n reeks geïntregreerde ontwikkelingsplanne, waarvan die pas voltooide seksie van die TransCaprivi-hoofweg 'n deel is.



Dinsdag 04 Februarie 1997

• 'n Berserker het gister in 'n sinnelose bui van aggressie 'n ma met haar kind in haar arms, van agter deur die kop geskiet nadat hy twee van haar kollegas wat soos sy vrywillige werkers by die DBV in Windhoek is, reeds ernstig gewond en vir dood op die vloer van die DBV se kantoor gelaat het.

• Die dralende bieroorlog tussen Namibië Brouerye (NBL) en sy Suid-Afrikaanse eweknie SAB, het voorlopig in die guns van SAB gedraai deurdat eersgenoemde se appèlaansoek misluk het om 'n advertensieveldtog in Suid-Afrika voort te sit.



Woensdag 05 Februarie 1997

• 'n Drama het hom gister in die Windhoekse landdroshof afgespeel deurdat 'n vrou ná 'n woordewisseling oor haar dogtertjie wat die hofverrigtinge kort-kort ontwrig het, saam met haar kind vir minagting van die hof toegesluit is.

• “Vryheid van spraak in die media is een van die prioriteite waarvoor Swapo geveg het en dit sal nie summier verander word nie,” het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, op 'n mediakonferensie by die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) gesê.



Donderdag 06 Februarie 1997

• Goeie reëns in die Suide het die boere voor 'n nuwe krisis te staan gebring. Hordes sprinkane is besig om uit te broei en skade aan die jong weiding aan te rig.

• Noodbystand ter waarde van etlike miljoene dollars aan die geknelde visbedryf, is gister deur die regering afgekondig. Een van die belangrikste bystandsmaat­reëls is die effektiewe verlaging van die brandstofprys vir dié bedryf tot net 2,5 sent per liter.



Vrydag 07 Februarie 1997

• 'n Blanko amnestieverklaring wat skynbaar vóór onafhanklikheid reeds in werking getree het, is vir die eerste keer in sewe jaar deur die President, Mnr. Sam Nujoma, afgekondig.

• Uit lugvaartkringe blyk dit dat die vliegtuigongeluk van sowat twee weke gelede waarin vyf Namibiërs omgekom het, plaasgevind het as gevolg van 'n vernietigende brand wat aan boord van die vliegtuig uitgebreek het



Sondag 09 Februarie 1997

• 'n Dreigende skeuring in die NG Moedergemeente en sprake van 'n regsgeding teen Minister Hampie Plichta wat hom belet om in die huishoudelike aangeleent­hede van die skool in te meng, is die gevolg van die stigting van 'n private skool op Keetmanshoop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!