20 jaar gelede vir 17 Junie 2016
20 jaar gelede vir 17 Junie 2016

20 jaar gelede vir 17 Junie 2016

Errol Hurter
Maandag 10 Junie
• ’n Storm het die naweek weer eens om die Arandis-dorpsraad losgebars nadat gemeen­skapsverteenwoordigers by ’n vergadering toegang geweier is. Die verhoging van huishuur met meer as 100 persent is daar bespreek.
• China se grootse hulpplan aan Namibië is niks anders nie as ’n wurgstrop waarvan die gevolge nog deur die volgende geslagte belastingbetalers gevoel gaan word, sê onafhanklike ontleders.

Dinsdag11 Junie
• Die opspraakwekkende bedrogskandaal met droogtebystand het verdiep nadat die kantoor van die Eerste Minister gister die skorsing van ’n senior staatsamptenaar van die Noodbestuurseenheid aangekondig het.
• Drie beeste van die Vyfrandkamp buite Okahandja is gister vermoedelik deur ’n motorryer doodgeskiet na hulle skynbaar voor sy voertuig ingeloop het.

Woensdag 12 Junie
• Die taxi-protesbeweging wat eergister tot uitbarsting gekom het en gister steeds die middestad van Windhoek gyselaar gehou het, is in albei kamers van die Parlement veroordeel en het heftige reaksie ontlok.
• ’n Inwoner van Otjiwarongo, mev. Esria (Kiewiet) du Randt, is gistermiddag in die Mediclinic in Windhoek dood nadat sy vir meer as drie weke vir malaria behandel is. Haar man, Lukas, het verlede week aan dieselfde siekte gesterf en hy is Maandag begrawe.

Donderdag 13 Junie
• Namibië is besig om vir hom naam te maak as ’n korrupte land, het mnr. Johan de Waal van die DTA, gister na aanleiding van die voedselbedrogskandaal gesê.
• Geskiedenis is gister in Windhoek gemaak toe die gerugte van meer as ’n jaar oor die same­smelting tussen Bank Windhoek, Namib Bouvereniging en Swabou bevestig is.

Vrydag 14 Junie
• Altesaam twaalf mense is gister by Ariamsvlei op Namibië se suidelike grens in hegtenis geneem in verband met die droogtebystand-bedrogskandaal.
• Oogoperasies by die Sentrale Hospitaal in Windhoek is hervat sonder ‘n aanvaarbare verduideliking van die Ministerie van Gesondheid aan die publiek hoe vier mense onlangs hul oë as gevolg van ’n onverklaarbare infeksie verloor het.

Sondag 16 Junie
• Hentiesbaaiers moet weier om eiendomstariewe en belastings aan die dorpsraad te betaal, maar die geld wel in ’n trustrekening plaas ingevolge ’n veldtog wat deur ’n vooraanstaande sakeman op die dorp begin is en reeds wye steun geniet.
• ’n Lid van die Namibiese nasio­nale sokkerspan en ’n voormalige polisieman is vandeesweek in ’n spesiale hof in Windhoek gevonnis weens diefstal van staatsgeld wat verband hou met die indiening van vals mediese eise.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!