20 jaar gelede vir 2 Desember 2016
20 jaar gelede vir 2 Desember 2016

20 jaar gelede vir 2 Desember 2016

Errol Hurter
Maandag 25 November

• Verskerpte optrede om dissipline in die polisiemag te verstewig ten einde die tradisionele Desember-misdaadgolf te stuit, is op die hoogste vlak in die vooruitsig gestel.

• Die lot van die lede van die voormalige Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWAGM) oor die uitbetaling van pensioene geniet nou die aandag op hoë internasionale vlak.

• Goeie en slegte nuus vir die Namibiese visbedryf is onderskeidelik dat die twee nuutontdekte diepsee-vissoorte, Orange Roughy en Alfonsino, deel gaan word van die land se bemarkbare visbron, terwyl vooruitsigte vir reeds benutte vissoorte ongunstig is.

Dinsdag 26 November

• Die voorgenome omskeppping van die Khanrivier-gebied in ’n waterbron vir Namibië se kusgebied as gedeeltelike oplossing vir die landwye waterkrisis, sal net gestalte kry indien oor die omgewings- en ekonomiese vatbaarheid van die projek ooreengekom kan word.

• Die eerste heftige kritiek teen die bykomende begroting vir die huidige boekjaar waarin die kwellende vraagstukke oor die stand van die landsadministrasie opnuut op die voorgrond beland het, het die regering in die Nasionale Vergadering (NV) getref.

• Kmdt. Willem Ratte, gewese Windhoekse onderwyser, lid van die elite “Special Air Services” (SAS) in die Rhodesiese bosoorlog en bevelvoerder van 32 Bataljon in Suidwes-Namibië, het die naweek voor die Waarheid- en Versoeningskommissie om verskoning gevra vir die “bose opofferinge” wat hy en sy manskappe gedoen het “ter wille van Suid-Afrika en sy mense”.

Woensdag 27 November

• Toerisme in die voormalige Damaraland in die Kunenestreek gaan nou vir die eerste keer vyf gemeenskappe in die streek regstreeks finansieel bevoordeel deurdat ’n konsessiehouer N$40 000 aan hulle skenk.

• Namibië is die afgelope naweek aan die gholfwêreld bekend gestel danksy Schalk van der Merwe en Trevor Dodds se vertoning by die Wêreldbekertoernooi op die Erinvale-baan by Somerset-Wes.

Donderdag 28 November

• Verset oor partypolitieke grense heen en selfs verder het uit senior Kabinetsgeledere teen die Ministerie van Vervoer van mnr. Hampie Plichta opgehoop toe dié omstrede minister in die parlement aan nog ’n vuurdoop onderwerp is oor sy planne om voertuiglisensiegelde in Januarie met nog tien persent te verhoog.

• Die behoefte aan stedelike ontwikkeling om die ekonomiese potensiaal van die Noorde te ontgin en werkgeleenthede te skep, is op ’n onlangse werkskool geïfdentifiseer.

Vrydag 29 November

• Gewapende rowers het gisteroggend ’n inwoner van Grootfontein, mnr. Martin Andreas, ten aanskoue van sy moeder en kind koelbloedig doodgeskiet in ’n fynbeplande hinderlaag wat by sy huis plaasgevind het.

• ’n Twaalfjarige seun van Otjiwarongo, Bennie Vorster, het verlede Vrydag sy oog verloor toe hy en ’n maatjie met klappers gespeel het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!