20 Jaar gelede vir 21 Okt 2016
Maandag 14 Oktober
• Daar’s lig in die tonnel. ’n Skoolhoof van Kombat se vaderlike gesprek met ’n paar manne wat aan die onlangse staking van TCL deelgeneem het, het daartoe gelei dat die staking die volgende oggend met skriflesing en gebed geopen is!
• Die Raad van Kerke in Namibië, (CCN) bevind hom weer op die pad van Pontius na Pilatus ten opsigte van die gruwelike menseregteskendings deur Swapo in die voor-onafhanklikheidsera. Dit voer nou aan dat Namibiërs “nog nie reg is” vir iets soos ’n waarheids- en versoeningskommissie nie.
Dinsdag 15 Oktober
• Private maatskappye gaan wetlik verplig word om regeringsbeleid oor regstellende aksie vir “swart mense, vroue en gestremdes” toe te pas.
• Enkele ure voordat ’n Hoërhofinterdik teen die minister van Binnelandse Sake en die voorsitter van die Immigrasieraad gekry kon word vir die tersydestelling van ’n uitsettingsbevel, het die ministerie ingegryp en die uitsetting van ’n Namibiese vrou afgelas.
Woensdag 16 Oktober
• Die Minister van Verdediging, mnr. Philemon Malima, het die keuringsproses vir opname van oudlede van PLAN en die SWAGM, en die gepaardgaande uitskakeling van draers van die HI-virus verdedig. “’n Soldaat moet energiek wees om die strawwe opleiding deur te staan,” het hy onder meer gesê.
• Die Polisie het voornemende kopers van gebruikte motors versoek om ‘n polisieklaringsbewys te bekom voordat transaksies beklink word.
Donderdag 17 Oktober
• Nege leeus, die helfte van ’n Etosha-trop, is deur ’n grensboer doodgeskiet nadat hulle na bewering onder sy beeste gemaai het en hy in minder as twee maande skade van sowat N$80 000 gely het.
• Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Namibië het toestemming van die Prokureur-generaal verkry om sy eie inspekteurs aan te stel. Hulle sal nou persele mag besoek om inligting en bewysstukke in te samel.
Vrydag 18 Oktober
• Agribank se rentekoerse vir kommunale boere vir die koop van plase is aangepas om groter boere aan te moedig om te kommersialiseer.
• Die hoof van die Hoërskool Jan Jonker Afrikaner in Katutura, me. Theo Namases, het vandeesweek die tweede Namibiër en die eerste Namibiese vrou geword wat tot Ridder in die Orde van Palmes Accademiques deur die Franse regering geslaan is.
Sondag 20 Oktober
• Opwindende nuwe ontwikkelinge begin gestalte kry om die Visrivierspoelvallei in die Suide vir Namibiërs en toeriste uit Suider-Afrika toegankliker te maak.
• Die lewenspeil van verwaarloosde en mishandelde kinders in Namibië kry welkome aandag danksy ’n belegging van N$1,5 miljoen gemaak deur die NG Kerk van Namibië vir die bou van ’n kinderhuis in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie