20 jaar gelede vir 24 Junie 2016
20 jaar gelede vir 24 Junie 2016

20 jaar gelede vir 24 Junie 2016

Errol Hurter
Maandag 17 Junie
• ’n Man het ’n vliegtuig met ’n 30.06 jaggeweer “doodgeskiet” nadat die vliegtuig na ’n harde landing op Koës die een wiel verloor het, in die rondte getol het en brandstof in ’n sirkel versprei het. Die eerste skoot was mis, maar drie skote later het die vliegtuig se enjin die gees gegee.
• Polisiebewaking van ’n Duitse sokkerafrigter is verskerp na ’n tuisgemaakte bom Saterdagmiddag in sy erf gegooi is. Gelukkig was die bom teen ’n turksvyplant gegooi en dit het tussen die plant en die heiningmuur beland waar dit ontplof het. Niemand is beseer nie.

Dinsdag18 Junie
• Ses Suid-Afrikaners wat probeer het om noodvoedsel aan droogteslagoffers in Namibië oor die grens by Ariamsvlei te smokkel, is gister weens besit van vermoedelik gesteelde goed elk tot ’n boete van N$1 000 of ses maande tronkstraf gevonnis.
• Boere wat vee oor die grens na Suid-Afrika vervoer vir weiding, sal belasting moet betaal asof die diere verkoop is. Wanneer die diere teruggebring word, sal die belasting afgeskryf word.

Woensdag 19 Junie
• “Ma, my bene is afgeskiet.” Só het ‘n 27-jarige man gisteraand in ’n geskokte toestand voor sy moeder gekerm terwyl die bloed vrylik gevloei het en Olympia om 22:30 wakker geskud is deur ’n dosyn skote toe mnr. Rudie Putter in ’n verbete geveg met vier gewapende rowers betrokke was.
• Rooi ligte flikker dat Namibië en veral die landbousektor in ’n internasionale verleentheid gedompel gaan word weens die jongste verkooptransaksie van longsiekte-entstof aan Angola onder leiding van die omstrede hoof van die Sentrale Veeartseny-laboratorium, dr. Otto Hübschle.

Donderdag 20 Junie
• Die bekende woestynolifante van Damaraland het die naweek ’n groep Suid-Afrikaanse wildjagters vir hul lewens laat vrees toe lede van ’n trop hul voertuig tydens ’n jagtog bestorm het.
• ’n Huwelik met ’n kapitale waarde van sowat N$100 miljoen tussen die Namibiese sementvervaardiger, African Portland Cement (APC) en Blue Circle Cement (BCC), ’n multi-nasionale maatskappy, een van die wêreld se topvyf sementnywerhede, is gisteraand amptelik in Windhoek voltrek

Vrydag 21 Junie
• Die eindfluitjie het geblaas vir tradisionele leiers wat politieke ampte in die land se belangrikste wetgewende liggame en ander owerheidsinstellings beklee.
• Indien die internasionale handelspryse vir koper nie eersdaags vordering toon nie, sal kopermyne gedwing word om hul bedryfskoste te verminder, het mnr. Tony de Beer, bestuurder van Namibië se grootste kopermyn, Tsumeb Corporation Limited (TCL), gesê.

Sondag 23 Junie
• Die Nederduits Gereformeerde Kerk in Namibië het tot die vuurwarm aborsiedebat toegetree met kritiek op die Ministerie van Gesondheid se hantering van die aangeleentheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!