20 jaar gelede vir 9 Desember 2016
Maandag 2 Desember
• Hernieude versoeke is tot die regering gerig om die Namibiese geldeenheid van die Suid-Afrikaanse rand te ontkoppel nadat die Ministerie van Buitelandse Sake ''n verlies van N$18 miljoen op sy begroting aangekondig het weens die ineenstorting van die wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar.
Dinsdag 3 Desember
• ''n Hewige storm van parlementêre kritiek het gister uit onder meer Swapo-geledere oor die Minister van Omgewingsake en Toerisme, mnr. Gert Hanekom, losgebars oor sy wetsvoorstel dat staatsoorde voortaan onder die vaandel van ''n semi-staatsinstelling bestuur word.
Woensdag 4 Desember
• ''n Politieke magstryd met sterk etniese ondertone woed skynbaar in die Ministerie van Gevangenisse en Korrektiewe Dienste, en dreig om uit te loop op ''n muitery waaraan sowel tronkpersoneel asook die land se gehardste misdadigers gaan deelneem.
• “As ma wou ek hom beskerm, maar nou leef ek in vrees, want ons kan dit nie waag om, as gevolg van sy aggressiewe geaardheid, saam met hom as ''n normale lid van die familie in die huis te leef nie.” So het die ma van ''n vermeende 18-jarige moordenaar in die Hoërhof getuig.
Donderdag 5 Desember
• Witgeskrikte amptenare het gister senuweeagtig in Windhoek se munisipale gebou rondgestaan nadat ''n sekuriteitswag sy woede teenoor ''n senior amptenaar wou uithaal. ''n Skoot het afgegaan en die dwaalkoeël het in die gang rondgevlieg.
• Die regering het die organisatoriese raamwerk goedgekeur vir die opstel van wetgewende en administratiewe voorstelle om die skep van ''n volledige etiese en anti-korrupsie bewind in Namibië te verseker.
Vrydag 6 Desember
• Die Amerikaanse motorvervaardiger General Motors Corporation (GMC) sou gister in Windhoek sy grootste motorverkooptransaksie sedert die Tweede Wêreldoorlog met ''n enkele koper sluit met die ondertekening van ''n kontrak vir die lewering van agthonderd voertuie aan die Namibiese regering teen ''n geskatte koste van N$138 miljoen.
• Die naasgrootste nywerheidsversekeringseis in Namibië ten bedrae van N$24,75 miljoen is gister amptelik aan die mynmaatskappy TCL uitbetaal vir skadevergoeding en inkomsteverlies weens die staking van ses weke by die Tsumeb-, Kombat- en Otjihasemyn.
Sondag 8 Desember
• Honderde toeriste aan Namibië word feitlik daagliks van bakboord na stuurboord gestuur met vrotsige grensbeheer wat hulle hul toeraansluitings laat verpas en hul reisreëlings in die war stuur. Vertragings van tot ses ure kom by van die grensposte voor.
• Die stortbuie wat die dorre Gobabis Donderdagmiddag getref het, was die swaarste reën wat die Ooste sedert 1887 in die bestek van 24 uur gekry het. Van 50 mm tot 90 mm is gemeet op ''n dorp wat al vir twee jaar met waterbeperkinge worstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie