20 jaar tronkstraf vir Stoop-minnares
Denver Kisting – Die minnares en meesterbreinmoordenaar van mnr. Koos Stoop (78), Nelsine Utiapatie Kauaria, het enkele oomblikke gelede (Donderdag) in die hoërhof gehoor sy moet 20 jaar in die tronk deurbring.
Soos tydens die afgelope nege jaar sedert haar en die broers, Erwin en George Katjingisua, se inhegtenisneming, was sy vanoggend uitgedos met sykouse en hakskoene toe regter Alfred Siboleka hul lot met hulle deel.
Die broers is onderskeidelik 16 en 18 tronkstraf opgelê vir hul aandeel in dié moord in ‘n voorstad van Windhoek wat destyds skokgolwe deur die land gestuur het.
Hordes familielede van die moordenaars was vanoggend in die openbare galery om hulle te ondersteun.
Die drietal is voorts elkeen ook nog 12 en ses jaar onderskeidelik weens roof met verswarende omstandighede en poging tot roof opgelê. Regter Siboleka het egter gelas dié vonnisse word saam met die moordvonnis uitgedien.
Lees Dinsdag die volledige berig in Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie