20 Khomas-beamptes vas
Teenmisdaadoperasies help om Namibiërs se veiligheid te verbeter, sê die owerhede.
Denver Kisting
Sedert Mei tot Maandag is 20 polisiebeamptes – almal mans – in die Khomasstreek in hegtenis geneem.
Komm. Joseph Shikongo, bevelvoerder van die streek, het dít Maandag op 'n nuuskonferensie onthul.
Volgens hom word die beamptes by 16 sake betrek.
Die beweerde oortredings sluit roof, korrupsie, dronkbestuur, onwettige jag, diefstal en regsverydeling in, het Shikongo gesê.
Die senior beampte het gesê polisiebeamptes moet besef hulle is nie verhewe bo die reg nie.
Polisielede wat aan misdade skuldig bevind word, word deur ontslag in die gesig gestaar, “omdat hulle nie geskik is om polisiebeamptes te wees nie”, het hy gemaan.
Volgens hom is 19 polisielede deur die polisie in hegtenis geneem, terwyl een beampte deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aangekeer is.
Shikongo het gesê geeneen van die beamptes is deel van die teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn nie.
Hy het dié opmerkings Maandag in die hoofstad gemaak tydens die bekendstelling van die vierde been van dié veldtog.
Volgens hom het dié operasies “nie ten doel om wapens op ons eie mense te rig nie. Ons is nie ten gunste van die sterfte van enige Namibiër nie.”
Shikongo sê as lede van die publiek hul samewerking gee, “sal daar geen skietvoorvalle wees nie. Die veiligheid van die mense in die land is in ons hande.”
Hy sê die derde been van Kalahariwoestyn wat onlangs ten einde geloop het, het 'n 6%-afname in misdaad in die Khomasstreek tot gevolg gehad.
Twee mense, mnre. Benesius Kalola (32), 'n Namibiër, en die 22-jarige Fambauone Black, 'n Zimbabwiër, is vanjaar doodgeskiet – glo deur weermaglede wat deel van die teenmisdaadoperasie was.
In die Khomasstreek is die Namibiese polisie, die weermag, korrektiewe dienste, immigrasiebeamptes en lede van die stadspolisie by die veldtog betrokke.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie