20 oorgehaal vir Honda Quest in Namibië
Met die laaste siftingsproses agter die rug, is die finale 20 deelnemers pas aangekondig wat vroeg volgende maand aan die Honda Quest-motorfietsuitdaging in Namibië gaan deelneem.
Die Honda Quest-motorfietsuitdaging volgende maand in Namibië kan beskryf word as Honda se motorfietsekwivalent van die eertydse Camel-trofee en plaaslike Spirit of Adventure wat met onderskeidelik Land Rover Discoveries en Volkswagen Amarok-bakkies aangepak is.
Tien spanne van twee jaers elk sal in Windhoek elkeen ’n Honda CRF1000L Africa Twin kry om te ry. Hulle sal aan sekere uitdagings moet deelneem en oor 12 dae ’n uitmergelende roete van sowat 2 500 km deur Kaoko- en Damaraland aflê voordat hulle na die Namibiese hoofstad terugkeer.
Die nuwe Africa Twin is verlede jaar na die land gebring nadat sy legendariese voorganger (met ’n kleiner enjin as die moderne model se 1 000 cc-enjin) destyds dié segment vir avontuurfietse feitlik op eie houtjie ingelui het.
Die kompetisie het vroeër die jaar afgeskop met voornemende deelnemers wat hul inskrywingsvorms na Honda moes stuur om ’n finale 40-tal te kies.
Honda sê hy het eindelik ’n stewige sowat 800 inskrywings van regoor die land ontvang. ’n Spesiale span wat benewens Honda-werknemers ook mense ingesluit het wat in avontuurtoere spesialiseer, het na die inskrywings gekyk en dit volgens verskeie kriteria beoordeel.
Voornemende deelnemers moes byvoorbeeld ervaring hê van avontuurtoere, ’n sin vir avontuur, duidelik vaardig wees met die hanteer van ’n motorfiets in moeilike omstandighede, en les bes ook ’n goeie handelsmerkambassadeur vir Honda kan wees.
Die 800 inskrywings is toe tot slegs 40 semifinaliste uitgedun. Dié 40-tal het toe die afgelope naweek iewers in die Kaapse berge saamgetrek waar hulle aan ’n voetestampsessie met nuwe Honda Africa Twins blootgestel is. Die deelnemers se fisieke sowel as planmaak-vernuf is waargeneem, asook hoe hulle in spanverband en onder druk vaar.
Uit dié 40 is ’n finale groep van 20 gekies. Dié 20 sal nou vroeg volgende maand gratis na Namibië gevlieg word om dáár aan die ware Honda Quest-avontuur deel te neem.
Die deelnemers sal in tien spanne van twee jaers elk sowat 2 500 km oor grondpaaie en riviere moet aflê terwyl ’n rits uitdagings aan hulle gestel word.
Hulle sal moet saamwerk, druk kan hanteer, soms planne moet kan maak, en in die algemeen net vaardig met die fiets ook kan wees.
Die wenspan sal hul fietse as pryse ontvang.
Ons berig volgende maand oor hoe die avontuur toe verloop en wie as wenners uit die stryd getree het. – Netwerk24
Hier is die uitverkore 20:
Andrew Johnstone (Kaapstad)
Andries Haasbroek (Pretoria)
Angus Welch (Kaapstad)
Barbara Muszynski (Pretoria)
Charl du Plessis (Bellville)
Christiaan Potgieter (Pretoria)
Clinton Pienaar (Johannesburg)
Francois Ebersohn (Pretoria)
Frederik Dreyer (George)
Gerrit du Toit (Kaapstad)
Gerrit Visser (Lephalale)
Glenn Koch (Grahamstad)
Grant Pentelow (Johannesburg)
Jacobus Myburgh (Midrand)
Johannes Haasbroek (Swakopmund)
Johannes van Heerden (Victoria-Wes)
Lourens van Wyk (Windhoek)
Marcel Vladar (Pretoria)
Pieter Lourens (Bloemfontein)
Salmon Nelson (Kaapstad).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie