2017: ‘n Jaar van smart op foto’s
Verlede jaar was 'n jaar vol tragedie en nuusfotograwe het met hul foto's die stories van menslike lyding vertel.
In 2017 het die wêreld meermale na ‘n tragedie gelyk met die vlugtelingkrisis, terreuraanvalle en die eerste jaar van pres. Donald Trump se bewind in Amerika wat nie ‘n pluimpie vir die Withuis en die Amerikaanse presidensie was nie.
Die manier waarop hy korte mette met teenstanders soos James Comey, die voormalige FBI-direkteur, en selfs mense in sy binnekring, soos sy woordvoerder Sean Spicer gemaak het, was byna daagliks nuushooftrekke.
Ook sy oënskynlike steun vir Neo-Nazi’s en die onbeskofte manier waarop hy teenoor ander wêreldleiers opgetree het, was die koerante vol.
Meer as 1 600 terreuraanvalle het wêreldwyd voorgekom en het die lewens van meer as 11 000 mense geëis.
Nader aan plaaslike bodem het die 37-jarige bewind van Zimbabwe se pres. Robert Mugabe vinnig en byna oornag tot ‘n einde gekom en ‘n nuwe president, Emmerson Mnangagwa, is ingehuldig.
Of die nuwe staatshoof werklik die verandering en ekonomiese herstel van die land sal bewerkstellig, sal die tyd moet leer, maar min mense sou aan die begin van 2017 verwag het dat Mugabe uiteindelik uit die kussings gelig sou word.
Op ‘n ligter noot was die verlowing van Brittanje se Prins Harry aan die Amerikaanse aktrise Meghan Markle ‘n ligpuntjie en ‘n vars briesie in die andersins donker jaar.
‘n Foto kan egter meer sê as ‘n duisend woorde. Fotograwe van die nuusagentskap Reuters vertel self hoe hulle die foto’s van die grootste nuusgebeure van 2017 geneem het.
Deur alles wat hulle beleef, moet fotograwe hulself voortdurend afvra: In oomblikke van krisis, neem ek foto’s of probeer ek help?
“Dit is altyd moeilik om te onthou dat ek van meer hulp is wanneer ek foto’s neem,” sê Jonathan Bachman oor sy foto van mense wat deur die vloedwater van die orkaan Harvey in Houston loop.
“As ’n waarnemer van lyding móét jy glo jou foto’s maak ’n verskil.”
Baz Ratner vertel: “Ek was gelukkig om dié foto te kry. Ek was besig om die opposisie se protesoptrede tydens die Keniaanse verkiesingstryd saam met Thomas Mukoya, ons hooffotograaf in Oos-Afrika, te dek. Ek was op ’n motorfiets op pad na die middestad. Skielik het ek die klapgeluid van traanrook wat afgeskiet word, gehoor. Die polisie was op byna elke straathoek ontplooi om betogers te stuit. Ek het gestop om my masker op te sit. Ek het ’n man gesien wat besig was om te verstik aan die traanrook en desperaat sy motordeur probeer oopmaak het. Ek kon eers nie sien daar is iemand nie, maar Thomas het hom later gesien. Betogings deur die opposisie was algemeen tydens die verkiesing in Kenia. Die onlustepolisie het met lewendige ammunisie en traanrook op betogers losgetrek om skares uiteen te jaag. Twee dae voordat ek hierdie foto geneem het, het ek gesien hoe ’n traanrookhouer in ’n bus beland het. ’n Vrou was so desperaat om te ontvlug dat sy by die agterste venster uitgeklim het. My werk was om die genadelose werklikheid vas te lê.”
Darrin Zammit Lupi vertel: “Ek het vyf weke lank saam met ’n organisasie gewerk wat migrante help. Ek was aan boord van hul skip, die Phoenix, terwyl hulle soek- en reddingsoperasies in die Middellandse See gedoen het. Tydens Paasnaweek was ons op ’n roetine-reddingsoperasie sowat 15 seemyl van die Libiese kus af. Ek was op ’n rubberboot saam met bemanningslede wat besig was om reddingsbaadjies uit te deel. Die migrante sou eers op die rubberboot gelaai word en dan na die Phoenix vervoer word. Ek het een kamera teen my oog gehad om ’n wyelensfoto te neem toe een migrant sy balans verloor. Hulle het soos domino’s in die see geval. Ek het die hele opeenvolging van gebeure afgeneem deur my vinger op die sluiter te hou. Dit was chaos. Ek het aanhou foto’s neem, terwyl die bemanningslede die migrante gehelp het om in ons boot te kom. Deur my lens kon ek ’n paar meter verder ’n man sien sukkel. Hy het sy arms na ons uitgestrek. Ek het aan ’n reddingswerker geskreeu iemand is besig om onder die water te verdwyn. Hy het dadelik gereageer, in die water gespring en die man na veiligheid gebring. Ná die tyd het ek baie gedink: Moes ek my kameras neergesit het en gegryp het wat ek kon? Ek het dit die aand met die reddingswerkers bespreek. Hulle het gevoel ek het die regte ding gedoen. Dit was hul werk om lewens te red. My werk was om die genadelose werklikheid vas te lê. Almal het daardie dag oorleef.”
Toby Melville vertel: “Ek was op die voetpaadjie onder die suidoostelike punt van die brug, besig om foto’s te neem vir die ontvouende Brexit-storie. Ek het uit die hoek van my oog gesien hoe ’n groot, donker vorm so 3 m tot 5 m van my af oor die reling beweeg en die grond tref. Ek het gedink dit is ’n aaklige, maar geïsoleerde voorval. Ek het onmiddellik die ambulansdienste gekontak en na die bopunt van die trappe gehardloop om hulp by die nabygeleë St. Thomas-hospitaal te kry. Terwyl ek op die foon was, het ek mense oor die brug en sypaadjie gestrooi gesien lê. Hulle was bebloed, sommige bewusteloos. Ek het besef dit was nie ’n ongeluk nie, maar iets wat beplan is. Omdat die nooddienste nou op die toneel begin aankom het, het ek op die brug begin foto’s neem. Ek was onseker of daar nog ’n dreigende gevaar was. Ek het geen gille, harde enjingeluide of die skote gehoor nie. (Die polisie het die aanvaller, Khalid Masood, doodgeskiet). Ek het gedink die beseerdes of dooies is dalk geskiet en dat die aanvaller nog op vrye voet is. Gewapende polisiemagte het op die toneel aangekom en die brug begin ontruim. Ek het die werk gebel en begin om my foto’s aan te stuur sodat iemand op kantoor dit kon redigeer. ’n Week later het ek weer oor die brug gestap. Alles het na ‘normaal’ teruggekeer. Maar die beeld van die eerste slagoffer wat val en die weersinwekkende geluid van die liggaam wat die paadjie tref, maal steeds in my kop.”
Jonathan Bachman vertel: “Dit was die eerste dag dat ek die orkaan gedek het. Ek het net sowat 450 m tot in Houston gevorder toe ek op steierwerk afkom waar gewone mense mekaar uit die water red in die buurt Beaumont Place. Op dié foto kan gesien word hoe inwoners teen die stroom op deur ’n lang straat stap onderweg na die stellasie. Ek het beweeg na ’n plek waar ek hulle só kon afneem dat ek die sterkte van die storm vasvang. Ek wou wys dat dit ’n tou mense was wat bykans nie ’n einde gehad het nie. Die dekking van die orkaan, wat dae lank aangehou het, was emosioneel veeleisend. My eerste instink was om die kamera neer te sit en te help. Dit is altyd moeilik om te onthou dat ek van meer hulp is wanneer ek foto’s neem. As ’n waarnemer van lyding móét jy glo jou foto’s kan ’n verskil maak.”
Toby Melville vertel: “Die foon het omstreeks 03:30 die oggend gelui. My fotoredakteur Dylan het gesê ’n toringblok in die weste van Londen is in ligte laaie. Dit was steeds donker toe ek teen 04:00 op die toneel aankom. Ek was geskok. Daar moes talle mense vasgevang gewees het in die gebou wat al sedert 01:00 gebrand het – die slegste moontlike tyd omdat soveel inwoners tuis en aan die slaap sou gewees het. Dylan het my eerste foto’s direk van my kamera af by sy huis geredigeer. Dit was nie die beste foto’s nie, maar dit was belangrik om dit op die netwerk beskikbaar te stel aangesien ek eerste vir Reuters op die toneel was. Toe ek die gebou nader, het ek dit oorweeg om na ’n nabygeleë toringblok te gaan voor dit afgesper word. Tog kon ek nie help om te dink dat die struktuur wat al vir byna drie uur brand binnekort ineen kan stort in ’n hoop rook en rommel nie. Dit sou daarom onverstandig wees om te naby te gaan. Daarom loop ek toe tot by Westway, ’n effens verhewe hoofpad ’n paar honderd meter van Grenfell Tower af. Die pad was vir verkeer gesluit en ’n onheilspellende stilte het geheers, behalwe vir die dowwe geluid van ontploffings vanuit die toring en sirenes in die verte.”
Hannah McKay onthou: “Vanwaar ons gestaan het, het ons uitgekyk oor weiveld en graslande. In die verte kon ons ’n groot groep mense sien. Maar hulle het nie beweeg nie. Dit was 16:00 met net twee uur daglig oor. Ons het besluit om na hulle te beweeg. Ná sowat ’n uur op die modderige paadjie – waartydens ons grenswagte moes ompraat om ons deur te laat – het ons by die rivier aangekom. Daar sien ons duisende vlugtelinge wat net daar sit met nog grenswagte van Bangladesj wat ons aansê om om te draai. Ons kon sien iets was besig om agter die skare te gebeur. Ons wag toe vir ’n geleentheid om nader te beweeg, en dis toe dat ons hulle sien. Die skare het op die rivier se oewer gesit en agter hulle, sowat drie meter laer in die water, was daar honderde vlugtelinge wat deur die rivier stroom. Daar was geen einde aan die massa mense in sig nie. Daar was mense wat babas dra; ouer mense wat kniediep deur die water en modder gehelp word. Ons het net almal wat na ons toe kom, afgeneem. Skielik verskyn hierdie vrou voor my. Sy was op die punt om uit die rivier te klim tot op die voetpad waar ons was. Maar sy was doodmoeg. Twee vlugtelinge langs haar het haar probeer opdruk. Dis toe dat ons uitreik om haar te help. Adnan Abidi, ’n Reuters-fotograaf, het haar hand geneem. Nog ’n fotograaf het haar ander hand geneem en ek het haar been opgetel. Ons moes haar uittrek. Sy het vir ’n paar minute net daar gelê. Ek het geen idee wat van haar geword het nie. Jy is daar en probeer jou werk doen met ’n kamera in jou hand. En dis wanneer jou hart jou kop oorrompel.”
Goran Tomasevic vertel: “Die pa en sy dogter het vreesbevange geskreeu terwyl hy met haar in sy arms gevlug het deur die rommelbestrooide strate van Wadi Hajar. Die gebied is in ’n oogwink verwoes toe dit die slagveld tussen Isis en die Irakse spesiale magte geword het. Die pa, dogter en van hul bure – party met rubbersandale aan, ander kaalvoet – het gevlug voor ’n teenaanval van Isis in hierdie deel van Mosoel. Hulle het gekoes vir geweervuur soos wat die soldate inbeweeg het. Die spesiale magte het die mans gedwing om hul hemde op te lig om te wys hulle is nie selfmoordbomaanvallers nie. Party moes al hulle klere uittrek of hul gordels wys, maar nie dié wat kinders gedra het nie. Dié pa was so paniekbevange. Dit was duidelik dat hy nie deel van Isis was nie omdat hy ’n kort hemp aangehad het en ’n kind in sy arms gedra het.”
Siegfried Modola vertel: “Ek het die foto in ’n afgeleë dorpie geneem wat deur regeringstroepe beheer word. Ek was al ’n paar dae in die gebied om foto’s te neem van mense wat deur onsekerheid en ’n voedselkrisis in die gesig gestaar word. Ek het daar aangekom nadat die regering en die internasionale gemeenskap ’n hongersnood verklaar het. Dit was ’n lang dag. Ek het probeer om die skaal van die krisis en lyding te vertel, maar ek wou ook die oomblikke van vreugde en speelsheid vasvang sodat die gehoor meelewing met die mense kon hê en die dringendheid van hul situasie besef. Ek het nog nooit in so ’n moeilike plek gewerk soos Soedan nie. Toegang is ongelooflik moeilik weens regeringsbeperkings, onsekerheid en hoe absoluut afgeleë sommige plekke is. Die dorpie was maande lank afgesny van enige voedselvoorraad. Ek het die helikopter op ’n afstand sien aankom. Dit het gekom om te help met die verspreiding van noodvoorraad en ek het geweet kinders gaan om die helikopter saamdrom. Ek was gereed met my kamera, op soek na ’n fotogeleentheid van die helikopter en die kinders, toe die kind verby my hardloop om weg te kom van die stof wat die rotor opskop. Ek het die sluiter gedruk. Ek het gehoop dat ek die lig reg gemeet het en dat die kind in fokus sou wees. Ek het ’n sagte plek vir dié foto omdat ek dit onverwags geneem het en ’n speelse oomblik in ’n andersins moeilike situasie vasgevang het.”
Mike Blake vertel: “Dit het alles begin met ’n middernagtelike oproep. ’n Massaskietery in Las Vegas. Ek het my toerusting gepak en my huis in die suide van Kalifornië in die donker verlaat. Toe ek saam met ander kollegas teen sonsopkoms in Las Vegas aankom, het ek begin om die ergste massaskietery in moderne Amerika se geskiedenis te dek. Die foto van die president se vliegtuig wat Las Vegas verlaat, is deeglik beplan en oordink. Ek het van my hotelkamer se venster af gekyk hoe 737 vliegtuie opstyg en gedink omdat Air Force One soveel swaarder en groter is as meeste ander vliegtuie, sal dit dalk net bo die hotel verbyvlieg waar die skieter ’n venster gebreek het om sy misdaad te pleeg. Ons het ’n vae aanduiding van die president se skedule gehad aangesien ons ’n fotograaf gehad het wat saam met hom gereis het. Maar nadat ek geduldig gewag het dat die vliegtuig in my lens verskyn, het ek my kamera neergesit en vir ons reisfotograaf ’n boodskap gestuur. Hulle was klaarblyklik laat en hy het laat weet dat hulle pas by die lughawe aangekom het. Toe die vliegtuig in my lens verskyn, was ek geskok oor hoe laag dit gevlieg het. Ek het verwag dat dit net bo die hotel gaan wees, maar dit was regtig laag en het agter die hotel verby beweeg. Ek het vinnig my fokus verstel en gewag dat die vliegtuig weer verskyn aan die kant van die gebou waar die gebreekte vensters was. Ek het omtrent 15 foto’s geneem en dit vinnig geredigeer en ingedien. Die hele proses het omtrent vyf minute geneem. Toe die president se vliegtuig ure later in Washington land, ontvang ek ’n boodskap van ons reisjoernalis Kevin Lamarque wat sê die Withuis se mediapersoon is gek oor die foto.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie