2018 se grootste uitdagings
Volhoubare boerdery ‘n groot uitdaging
Dr. Kobus Laubscher
Die nuwe jaar het 'n nuwe mandjie van uitdagings en ons kan verwag dat die fokus gaan en moet verskuif.
Vir eers bly dit noodsaaklik dat besluitneming op plaasvlak pragmaties genoeg moet wees om te kan aanpas by die huidige weer- en mark omstandighede, maar sonder om die oog af te haal van gebeure buite die grensdrade.
Boerdery-omstandighede tans is vir die grootste deel van suidelike Afrika teenstrydig met wat voorspel was. Aanpassings is dus noodsaaklik, maar moet tydig genoeg gedoen kan word.
Vergeleke met die veiligheidsprosedure wat geld tydens 'n vlug en soos voor elke vlug verduidelik word, behoort boere sulke noodoefeninge te oorweeg aan die hand van verskillende scenario's.
Niemand wil in 'n situasie wees om ingeoefende prosedures te moet toepas nie, maar moet weet wat om te doen as dit nodig is.
Wat Suid-Afrika betref, sal beleidsonsekerheid nie in 2018 verminder nie, ten spyte van die veranderde leierskap van die ANC, maar dit kan minder onstuimig wees en dalk meer voorspelbaar. Dit kan egter 'n effek hê op bilaterale inisiatiewe.
Vlugvoetig
Om pragmaties te kan beplan en met strategiese vlugvoetigheid te kan reageer, gaan die verskil maak.
Dit gaan 'n uitdaging wees om die regte span te kies om die saak van landbou onverskrokke te dryf op grond van die werklike/intrinsieke waarde van die sektor.
Die NDP5 is 'n vlagskipinisiatief met 'n strategiese padkaart na verbeterde bydrae deur die landbou.
Landbouleiers sal hande moet vat en daad by die woord voeg, selfs al sou dit beteken dat die sektor veranderings stuur. Alle saakmakende boere vir wie die volhoubare bedryf van die hulpbronne tot sy beskikking al is wat saak maak, moet saamgesnoer word as een stem.
Dit gaan 'n uitdaging wees om fragmentering te bestuur en populistiese uitsprake te beperk
Ongeag in watter rigting die somerreënval ontwikkel, volhoubare boerdery sal 'n groot uitdaging wees en die landbou moet eenvoudig hulp van die staat afdwing.
Verder word daar te min gedoen om die verbruiker te laat inkoop op volhoubaarheid op die plaas – bekostigbare kos aan meer mense is die gemene deler.
Dit sal 'n uitdaging wees om dié kragte te mobiliseer sodat anders gedink word oor die sektor en oor 'n wyer boeg.
Kosinflasie-bekommernis kan egter nie die enigste maatstaf wees om die prestasie van die landbou te meet nie. Die volhoubare vermoë om voedselonsekerheid bekostigbaar te kan teenwerk, moet bydra tot beter ondersteuning deur verbruikers. Daar moet meer gedoen word om landbou se onontbeerlikheid 'n nasionale kwessie te maak.
Slim keuses
2018 gaan witwatertye wees in vele opsigte. Met slim keuses deur die spanne wat die sektor verteenwoordig en die gereedskap wat uitkoms kan gee, kan landbou hom vestig as aktiewe en saakmakende vennoot om die strategiese voorneme van die nuwe leierskap van die ANC praktyk te maak. Landbou sal self die toekoms moet skep wat idealiseer word. Die regering moet eenvoudig gedwing word om sy verantwoordelikhede na te kom, kom wat wil.
Daarmee saam moet landbou sy huis in orde kry – verbeterde werksomstandighede vir plaaswerkers, erkenning van hulle regte, maar nog belangriker: om hulle anders te betrek in die bedryf van 'n plaas.
Hulle is en bly die boer se naaste buurman. Landbou is aantreklik genoeg om die verlies aan werksgeleenthede te bestuur – keer dit om en maak landbou meer aantreklik vir werknemers, maar doen dit binne 'n waardeketting wat weerskante van die plaashek strek.
Ons in die landbou moet dus nie bid vir 'n ligter las nie, maar eerder vir 'n sterker rug. Daar is werk om te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie