2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar
Die meteorologiese dienste sê in hul jongste reënverslag die Zambezi-, Kavango-Oos-, asook die meeste streke in die noordsentrale dele van die land het normale reëns ontvang.
Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April begin afneem het.
Dit volg ná Namibië tydens die 2018-’19-reënseisoen die ergste droogte in 38 jaar ervaar het en ook die land in Suider-Afrika was wat die ergste geraak is – aldus ’n 2019-verslag deur die Hidrologiese Dienste van Namibië.
Die meteorologiese dienste sê in hul jongste reënverslag die Zambezi-, Kavango-Oos-, asook die meeste streke in die noordsentrale dele van die land het normale reëns ontvang.
Daarteenoor het die Kavango-Wes-, Omaheke-, Hardap- en Kharasstreek normale tot ondernormale reën gehad.
Die dele van die land wat dié seisoen aan die korste ent getrek het, is die Kunene- en Erongostreek, waar ondernormale reënneerslae ervaar is.
Die Zambezistreek het in die begin van die reënseisoen normaal tot ondernormale reën ontvang, waarna goeie reën in Desember verlede jaar begin het. Alhoewel reënneerslae in die streek ‘n hoogtepunt tussen Januarie en Maart bereik het, was die meeste daarvan gekonsentreerd in die verre oostelike hoek. Die grootste gedeelte van die streek het eindelik normale reën vir die seisoen ontvang.
Die Kavango-Wesstreek het ondernormale tot normale reën vir die seisoen ontvang, terwyl die Kavango-Oosstreek normale reëns ervaar het. Die meteorologiese dienste sê normale tot bo-normale reënneerslae is tussen Desember en Maart in dié streke ontvang, waarna dit skielik heelwat minder in April gereën het. Meer as 400 mm is egter in die streke aangeteken.
Die meeste streke in die noordsentrale deel van die land (Ohangwena, Oshana, Omusati en Oshikoto) het normale reën tussen Desember en April ontvang. Reën oor die gebiede was geïsoleer, maar bonormale reën het nader aan die Oshana- en Oshikotostreek se grens voorgekom.
Die Kunenestreek het ondernormale reën in die begin van die reënseisoen gehad, maar toestande het vanaf Januarie tot die einde van die seisoen in die sentrale oostelike dele van die streek verbeter. Tog het groter dele van die streek ver ondernormale reën ontvang.
Khorixas het 193,8 mm vir die seisoen aangeteken, terwyl sekere gebiede in die ooste van die Erongostreek goeie reëns ontvang het en soos volg uitsien: die plaas Ombona in die westelike Omaheke het 485,6 mm reën ontvang, terwyl Steinhausen 735 mm reën gemeet het.
Die Erongostreek het, uit ‘n seisoenale perspektief, egter ondernormale reën ontvang, terwyl die Omahekestreek normale tot ondernormale reën gehad het.
Die Khomas-, Hardap- en Kharasstreek het die seisoen baie droog begin, maar wel vanaf Februarie reën begin ontvang. Dit was egter nie wydverspreid nie en tot in April het dit net kol-kol gereën.
Normale reën is oor die oostelike deel van die Hardap- en Kharasstreek ontvang, terwyl sterk neerslae in spesifieke gebiede soos die plaas Aruab (180,4 mm) voorgekom het. Goeie reën het ook by Ariamvlei (122,5 mm) en Koës (207,5 mm) voorgekom.
APRIL
Terselfdertyd het daar in April bonormale reën in die sentrale noordelike dele van die land, ofte wel in die Oshana- en Oshikotostreek voorgekom, asook in die oorgrote Omaheke- en sentrale Khomasstreek.
Sekere plekke in die westelike Hardap- en Kharasstreek het ook bonormale reën ontvang, terwyl die res van die land egter ondernormale reën in April ervaar het, sê die meteorologiese dienste in hul jongste reënverslag.
“Gedurende April was daar ‘n afname in reënneerslae, soos verwag, omdat dit die einde van die 2019 -’20-reënseisoen is. Die meeste weerstasies het geen reën (0 mm) aangeteken,” lui die verslag. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie