2019: Die jaar van aanspreeklikheid
Kritici sê die president het die regering se flou prestasie in 2018 onderbeklemtoon.
Jemima Beukes – Politieke kommentators is oorbluf deur pres. Hage Geingob se nuwejaarsboodskap waarin hy 2019 die jaar van aanspreeklikheid gedoop het.
Geingob het 2018 as die jaar van rekenskap beskou en ontleders meen daar het nie veel van gekom nie.
Op Oujaarsdag het die president ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die nuwe jaar met optimisme, doelgerigtheid, visie en patriotisme aan te pak. Inwoners moet volgens beginsels leef wat groter is as net etnisiteit, stam en die gemeenskap, het hy gesê.
Geingob het benadruk vanjaar is ‘n verkiesingsjaar.
Volgens prof. Henning Melber van die Dag Hammarskjöld-stigting in Swede is Geingob se toespraak opnuut met populistiese retoriek vol aanstellerige woorde deurspek. 2015 was die jaar van beplanning, gevolg deur die jaar van implementering, hertoewyding en toe rekenskap.
“Beplanning, implementering en rekenskap behoort vername en integrale dele van enige dag in die regering te wees, en nie iets wat jy aan een jaar toeskryf nie. ‘n Regering behoort van die eerste tot die laaste dag aan bewind te beplan, implementeer en rekenskap te gee, 24/7,” sê Melber.
Prof. Ndumba Kamwanyah van die Universiteit van Namibië (Unam) sê hy is stomgeslaan oor Geingob se keuse.
“Om rekenskap te gee is om verantwoording vir jou dade te doen. So hoe gaan vanjaar van die jaar van rekenskap verskil? Wat is die verskil tussen die jaar van rekenskap en die jaar van aanspreeklikheid? En wat is in die jaar van rekenskap vermag?” wou hy weet.
Geingob se uitspraak dat die regering die kwessie van informele woonbuurte takel deur dit as ‘n “humanitêre krisis” te verklaar, het Melber verbaas.
Hoewel dit die omvang van die krisis reg beskryf, gaan sodanige verklaring nie die probleem oplos nie en word geen plan van aksie uitgespel nie, sê Melber.
Melber het Geingob gekritiseer vir dieselfde ou storie dat eksterne faktore en die wêreldekonomie hoofsaaklik die oorsaak vir Namibië se ekonomiese krisis is.
“Ander soortgelyke ekonomieë wat van hulpbronne afhanklik is, het nie in ‘n depressie verval nie,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie