2019: 'n Toetsjaar
ERNST HASHAGEN SKRYF:
1989 was, of is, seker die belangrikste jaar in die Namibiese geskiedenis.
Op 1 April het die voorbereiding vir onafhanklikheid se finale stappe begin. As 'n mens self deel van hierdie proses was, dink jy onwillekeurig terug aan daardie jaar.
TERUGBLIK
Die Bosoorlog is beëindig en Resolusie 435 is finaal geimplementeer. Op dieselfde datum het Swapo die grens vanaf Angola oorgesteek en net deur die bemiddeling van die vyf groot magte, onder leiding van Martti Ahtisaari, en weens die vinnige ingryping van die Suid-Afrikaaanse troepe, is die verdere voorbereiding gered.
Kiesers van Noordoewer tot Ngoma moes geregistreer word. Dit het op 4 Julie 1989 begin.
'n Vrye, regverdige en demokratiese regering kon net plaasvind as alle stemgeregte burgers aan die verkiesing kon deelneem.
Belangrik was die terugkeer van baie mense uit ballingskap (sowat 50 000).
'n Grondwet moes geskryf word. Die voorbereiding sou onder die toesig van die Verenigde Nasies (VN) plaasvind. Untag moes die proses monitor (sowat 8 000 mense uit 21 lande). Opvallend was die Porsches wat skielik in Windhoek se strate opgemerk is.
Op 7 November 1989 word die verteenwoordigers wat die Grondwet moes skryf, gekies. Die verkiesing het vreedsaam verloop. Swapo verower 57% van stemme en die DTA 28%. Swapo se president open op 21 November die Grondwetgewende Vergadering (72 verteenwoordigers van sewe politieke partye).
Onder voorsitterskap van dr. Hage Geingob word die nuwe Grondwet saamgestel. Dit word internasionaal geloof en op 9 Februarie 1990 eenparig aanvaar. Onafhanklikheidsdag word op 21 Maart 1990 gevier.
Namibië was uiteindelik 'n onafhanklike, demokratiese staat. Namibiërs kon aansoek doen vir Namibiese burgerskap. Die president verkondig dat nasionale versoening 'n belangrike beleidsrigting van die nuwe regering sal wees. Vir baie mense was die verbintenis baie belangrik.
EN NOU?
Hoe lyk die staat Namibië na dertig jaar van onafhanklikheid?
Daagliks lees ons negatiewe berigte. Almal ken intussen ons probleme. As ons net van korrupsie, wanadministasie, hopelose dienslewering, onnodige, geldmorsende staatsinstellings ens. kan ontslae raak, sal ons die doelwitte wat met onafhanklikheid belowe is, maklik kan bereik. Baie van ons probleme is mensgemaak en kan dus opgelos word.
Daar is egter ook positiewe ontwikkelings wat soms vergeet word. Mediavryheid is seker van die belangrikste.
Ons verskillende sportspanne, wat na onafhanklikheid ook internasionaal kan deelneem, presteer fantasties. Ons is 'n groot land met 'n klein bevolking, waarvan 'n groot persentasie in afgeleë plekke bly (In Kaapstad en omgewing woon twee keer soveel mense as in die hele Namibië.)
Die meeste sportmanne en -vroue is amateurs en moet werk om hulle daagliks brood te verdien. Ten spyte van die soms onbillike kritiek, kan ons net trots wees op dit wat reeds bereik is.
Hoe dikwels lees ons in die media van "voorheen benadeeldes" wat ten spyte van die haglike toestande waaronder hulle groot geword het 'n sukses van hulle lewe maak? Dit is leiers. Hoekom word hulle nie ingespan nie? (Sien Focus: Career Guide June 2019)
Uiteindelik is riglyne uitgereik wat staatsondernemings dwing om so ver as moontlik van plaaslik vervaardigte goedere en dienste gebruik te maak. Dit kan beslis nog verder uitgebrei word. Hoekom stal supermarkte nie Namibiese produkte prominent uit nie?
'n TOETSJAAR
Hierdie jaar is 'n toetsjaar vir die regerende party.
Haglike ekonomiese toestande, 'n vernietigende droogte, werkloosheid ens. is groot uitdagings. 'n Noodtoestand is uitgeroep. N$570 miljoen word deur die regering belowe. Nou kan ander lande ook bydra tot die droogtehulp. Die EU, Amerika, Rusland, Australië en vele meer het reeds gereageer. Nou wag ons vir die hele SADC se vriende: die Chinese. Hulle maak groot geld uit ons grondstowwe. Sal hulle ons help of beskou hulle die N$250 000 as genoeg?
In vorige noodgevalle het van die skenkersgeld verdwyn en voedsel wat vir arm mense bedoel was, is of gesteel of het in skure verrot. Gaan hierdie tipe kriminaliteit bekamp word?
Die regering is ons 'n verduideliking skuldig: Waar kom byvoorbeeld die geld vir die nuwe Swapo-gebou ens.vandaan? Kon hierdie projekte nie later geimplementeer word nie?
Die konstruksiebedryf is die afgelope drie jaar op sy knieë. Buitelanders kry voorkeur by die uitdeel van tenders. Werkloosheid het ook in die sektor die hoogte ingeskiet. Geen hulp of ondersteuning is in sig.
Die landbou vereis dringend hulp – van die opkomende boer tot die kommersiële boer. Niemand weet of genoeg reën in die volgende reënseisoen sal val nie. As dit wel die geval is, neem dit drie tot vyf jaar om die skade van die droogte te oorkom.
Die regering sal moet hulle prioriteite reg kry, anders wag daar dalk 'n lelike verrassing in November op hulle.
Graag haal ek Salom Shilongo aan. Hy skryf o.a.:
“In many parts of Namibia a cow is even more important than SWAPO. A cow does not betray anyone, it does not discriminate, and it does not tell lies, it is not corrupt and is always loyal to its owner, wether he is poor or not.”
Hierdie woorde het my persoonlik baie beïndruk. Ek hoop ons leiers lees dit.
Die meeste Namibiërs, ryk of arm, swart of wit, is ordentlike, hardwerkende, gesinsgerigte mense. Hulle deel dieselfde waardes en wil saamwerk om 'n beter land te bou. Ons beskik oor talentvolle mense in alle etniese groepe. Waarom kan hulle nie as leiers ingespan word nie?
In 'n demokrasie kies die nasie sy verteenwoordigers/leiers. Die verkose persone moet die nasie dien, en nie omgekeerd nie.
Wat ons almal begeer is eerlike politci, vrede, verdraagsaamheid en veral - vooruitgang vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie