2020 en toentertyd se rampe
Elvira Hattingh
Ek het die vermoede dat 2020 nie soos Las Vegas gaan wees nie: Dat dit wat dáár gebeur, dáár sal bly nie.
Optimisme kan jou ook net só ver bring. Dit wat oorbly is die borshare op jou tande en ’n ysere oorlewingsdrang. O ja, en jou wankelrige Desember-planne.
Onlangs probeer ‘n nuuskanaal lesers oortuig dat dinge erger kón wees en haal die nagmerriejare uit die geskiedenis aan. Net sodat jy beter oor 2020 moet voel.
Kom ons begin by siektes. Debatteer soos jy wil, maar die geskiedenis se pandemies het nie ‘n sterftesyfer van 0,2% gehad nie.
Justiniaanse builepes eis tussen 35% en 55% van die Mediterreense bevolking tussen 541 AD tot 543 AD. Toe volg die Swart Dood (builepes) in 1347 en eis tot 60% van Europeërs.
Christopher Columbus ontdek Noord-Amerika in 1492 en tot dertig “ou-wêreldse siektes” word na die “nuwe wêreld” gebring – terwyl dié vasteland se inheemse bevolking nie immuniteit daarteen het nie. Tot 95% van dié mense sterf oor ’n dekade aan “ingevoerde siektes” soos masels, builepes, pokke, difterie en griep.
Net in 1520 eis pokke in sentrale en Suid-Amerika na raming tussen 60% en 90% van Azteekse-bevolking. Voor die ramp was daar sowat 16 miljoen Azteekse-mense.
Die jaar van 1919, wat vrede ná die Eerste Wêreldoorlog moes bring, sorg vir die Spaanse griep. In Amerika sterf glo 500 000 mense hieraan, terwyl daar na raming in die res van die wêreld miljoene dood is.
Ek hoop jy voel al beter oor 2020? Maar wag, daar is meer! Daar is die ellende van hongersnood.
In die geskiedenis het hongersnood en pandemies nie noodwendig hand-aan-hand geloop nie, maar dit blyk dat Covid-inperkings ons op die dubbele ramp kan help afstuur – midde droogtes en sprinkaanplae.
Gebeurtenisse soos die uitbarsting van enorme vulkane, asook ongewone weerstoestande het in die geskiedenis erge hongersnood veroorsaak.
Een so jaar was 1816 – sekerlik een van die ergste in die geskiedenis. Dit was “die jaar sonder ‘n somer” toe die enorme Mount Tambora in Indonesië uitbars en die hele wêreld se weer om verwerp. Dit sneeu in Junie tydens die somermaande in Europa en Noord-Amerika en oraloor heers ’n ewigdurende nag. Oeste faal, hongersnood en onluste volg.
Voor dit was 536 AD, toe ‘n Yslandse vulkaan ontplof en die son vir 18 maande oor Europa, Mesopotamia en China verdof het. Die somer word koud, gewasse lewer die allergrootste misoeste en die vulkaan besluit om vyf jaar later wéér uit te bars.
Nog so ‘n ramp tref Europa, Rusland en Oos-Asië in 1601. Na raming sterf 2 miljoen mense van hongerte.
Ook in 1783 bars ‘n Yslandse vulkaan in die Laki-gebied, terwyl El Niño-toestande boonop intree en die Noordelike Halfrond van sy somer beroof. In noordelike Indië droog riviere en mere op, een in drie nedersettings in die Delhi-streek word uitgewis en 11 miljoen mense sterf.
Tussen 1314 en 1316 reën dit sonder ophou in die somer- en herfsmaande van Europa. Oeste faal, mense verander in kanibale en gooi hul kinders weg. Tussen 10% en 25% van die bevolking sterf en ja, dié gebeurtenis was inderdaad die inspirasie vir die Hansie en Grietjie-feëverhaal.
Sjoe. Prosit en mag 2021, uhm, beter feëverhale inspireer!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie