2020 is amper agter die rug
2020 is amper agter die rug

2020 is amper agter die rug

[email protected]
Sanet de Waal
Yolanda Nel

Dis amper onmoontlik om te glo, maar ons het dit tot in Desember gemaak. Die lig aan die einde van die tonnel is in sig. Of dit die ligte van ’n aankomende trein is, is onbekend, maar 2020 is omtrent agter die rug en daarvoor kan ons almal seker dankbaar wees.

Hierdie jaar was ’n leerskool vir almal. Daar gaan dekades van nou af verwys word na 2020, die inperkings, die grendeltyd en die wêreldwye pandemie. Die rol van die media is opnuut herskryf met publikasiehuise wat dag na dag statistiek kon deurgee. Met tegnologie aan ons kant het ons geweet watter lande het dit erger as ons en waar is die nood groter.

Ons ekonomie is geweldige geknou. Mense het hul werk verloor en besighede moes noodgedwonge hulle deure sluit. Jare se winste en harde werk is binne maande uitgewis.

Maar so tussen die onsekerheid, was alles tog nie sleg nie. Ons is gedwing om te gaan stilstaan om tyd saam met ons geliefdes deur te bring. Ons is in 2020 die geleentheid gegun om saam met ons kinders te verf en modderkoekies te bak, want ons kon nie meer die meerderheid van ons ure elke dag by die kantoor deurbring nie. Het ons die geleentheid aangegryp om ons verhoudings meer betekenis te gee? Of het homeschooling en Zoom calls ons ondergekry? Dis oukei as dit het. Ons is nie vir alles gemaak nie., maar as jy ten minste net dan die waarde van jou kind se juffrou besef het, het jy gewen.

In 2020 kon ek my tweede baba vashou en ek het ook tannie geword. In die hospitaal is ek iets gegun wat baie min nuwe mammas gegun word; vier dae van net jy en jou nuwe baba. Geen besoekers. Hoewel die knaap uitgemis het op die eerste vier dae, is daardie tyd iets wat ek vir altyd sal koester.

Ek weet almal was nie so gelukkig nie. Maar op hierdie 1ste dag van Desember, weet dat dinge einde se kant toe staan. So vanaand slaan ons ons Kersboom op, wat ouboet gaan versier. Met die vakansie in sig, koester die tyd wat jy saam met jou familie gegun word. Los die geskenke onder boom en gee vir mekaar hierdie Kersfeestyd jou onverdeelde tyd en aandag. Gaan maak vir jou ma ’n beker koffie en gesels. Los jou foon by die huis en gaan vang vis. Sit die televisie af en gaan drink saam met jou vriendin ’n glas wyn; julle verdien dit. Gryp jou tent en gaan kamp met jou kinders, al is dit net buite op jou eie grasperk.

Los die nuwe jaar voornemings van gewig verloor en lag ten minste een keer op ’n dag en maak seker jy laat iemand lag.

Ons weet nie wat 2021 inhou nie, maar as ons verhoudings reg is, kan ons enige iets saam aanpak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!