2020: Jaar vir plantegesondheid
Die landbouministerie moedig Namibiërs aan om saam aan ’n internasionale veldtog deel te neem.
2020 is die internasionale jaar van plantegesondheid. Die ministerie van landbou, water and grondhervorming nooi alle Namibiërs uit om by die res van die wêreld aan te sluit, om hierdie belangrike geleentheid te vier.
Volgens die ministerie is dit ’n geleentheid om die gesondheid van plante te bevorder en sodoende te help om hongerte en armoede te verminder, die omgewing te bewaar en om ekonomiese ontwikkeling ’n hupstoot te gee.
In 2018 het die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering die jaar 2020 as internasionale jaar van plantegesondheid verklaar. Die VN het die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) saam met die internasionale kovensie vir plantebeskerming (IPPC) genooi om by hulle aan te sluit en ook deel te neem.
Nou word Namibiërs, insluitend ministeries, die private sektor, nie-regeringsorganisasies, kenners en die algemene publiek, aangemoedig om saam te werk om die wêreld se plante teen plae te beskerm. Die toepassing van wetenskaplike innovasie en aanmoediging van die gebruik van verantwoordelike praktyke is van die maniere om volhoubare plantegesondheidsdienste te ondersteun.
Volgens die VN is die gesondheid van plante van uiterse belang tot die mensdom. Plante verskaf tot 80% van die kos wat mense eet en vervaardig tot 98% van die suurstof wat mense inasem.
In terme van die ekonomie het handel in landbouprodukte oor die laaste dekade bykans verdriedubbel tot ’n waarde van US$1,7 triljoen per jaar, met die grootste groei in ontwikkelende lande, volgens die VN. Nogtans skat die VN dat landbouproduksie wêreldwyd met sowat 60% moet groei om die groeiende wêreldbevolking te voed.
Plae is verantwoordelik vir verliese van tot 40% van voedselgewasse en veroorsaak handelsverliese ter waarde van sowat US$220 miljard per jaar, sê die VN.
Hulle waarsku ook dat klimaatsverandering dreig om die gehalte van gewasse te verlaag, opbrengs te verminder en die voedsaamheid van groente en vrugte te verminder. Stygings in temperature bring ook meer plae voort, boonop in plekke waar sulke plae tevore ongekend was.
Die afname in die hoeveelheid insekte met soveel as 80% oor die laaste 25 tot 30 jaar beteken ook insekte wat tevore plae help beheer, bestuiwing gedoen, grondgesondheid verseker en herwinning van voedingstowwe bevorder het, is deesdae minder. Inteendeel, swerms sprinkane wat wye verwoesting aanrig, word meer algemeen, waarsku die VN-kenners.
Die publiek word aangemoed om versigtig te wees om plante of plantprodukte saam op reis te neem, omdat plantplae en siektes op dié manier kan versprei. Wees ook versigtig wanneer plante of plantprodukte aanlyn of per posdienste bestel word, omdat klein pakkies maklik gereelde fitosanitêre beheermaatreëls kan omseil.
Dra by tot die wêreldbewustheidsveldtog deur gebruik van die hutsmerk #PlantHealth te maak. Doen daagliks iets om impak op jou omgewing te verminder en neem inisiatiewe ter beskerming en bestuur van natuurlike hulpbronne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie