21 dood in gevegte in Libië
Libiese magte in die ooste van die land het Sondag ’n lugaanval op Tripoli gedoen in ’n poging om die stad oor te neem ondanks oproepe van die VN vir ’n wapenstilstand.
Die Libiese regering, wat deur die Verenigde Nasies (VN) gesteun word, sê 21 mense is dood in gevegte naby die hoofstad, Tripoli, berig BBC.
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het intussen gevra vir onmiddellike wapenstilstand, en dat die partye in gesprek tree.
Magte in die ooste van die land het Sondag ’n lugaanval op Tripoli gedoen in ’n poging om die stad oor te neem ondanks oproepe van die VN vir ’n wapenstilstand.
Die Libiese nasionale weermag (LNA) van Khalifa Haftar (75), wat ’n parallelle administrasie in die ooste steun, het verlede week opgeruk na Tripoli, die tuiste van die internasionaal erkende regering, in die weste.
Die aanval vererger ’n magstryd wat die olie-en-gasprodusent sedert Moeammar Ghaddafi in 2011 ontsetel is, in twee skeur.
Die LNA hou vol hy het die suidelike buitewyke bereik en die voormalige internasionale lughawe oorgeneem, hoewel Tripoli se militêre amptenare dit ontken.
LUGAANVAL
’n Oorlogsvliegtuig het ’n lugaanval in dieselfde gebied uitgevoer, was ál wat ’n inwoner en ’n weermagbron in die ooste gesê het.
UNSMIL, die VN-sending na Libië, het Sondag gevra vir ’n skietstilstand van twee uur in die suide van Tripoli sodat burgerlikes en gewondes ontruim kon word, het ’n verklaring gelui.
Ook het ’n kontingent Amerikaanse magte wat die VSA-Afrika-kommandement steun, om veiligheidsredes uit Libië vertrek, het ’n Amerikaanse verklaring gelui. Geen verdere besonderhede is verskaf nie.
Magte wat met die Tripoli-regering saamspan, het intussen Vulkaan van Woede, sy eie operasie, aangekondig om die hoofstad te verdedig, het ’n woordvoerder gesê.
Die aanvallers het die VN verras en daarmee ’n pakt ondermyn om ’n padkaart vir die verkiesings op te trek in ’n poging om die voortdurende onstabiliteit in Libië op te los en ’n deurgangspunt te kry vir migrante wat deur die Sahara trek met die doel om Europa oor die Middellandse See na die noorde te bereik.
Haftar, wat homself as ’n vyand van Islamitiese ekstremisme beskou, maar deur sy teenstanders gesien word as ’n nuwe diktator in die vorm van Ghaddafi, geniet die steun van Egipte en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), wat hom sien as ’n skans teen Islamiste en wat hom militêr gesteun het, lui verslae van die VN.
Die VAE het hom egter by die Westerse lande geskaar in sy diepe kommer oor die gevegte.
Gewapende groepe wat die Tripoli-regering steun, het nog voertuie waarop masjiengewere gemonteer is, van Misrata na Tripoli verskuif om dit teen die LNA te verdedig. Die stad is bekend vir sy gees van weerstand teen die “ou regime” se leiers, wat rondom 2011 gestalte gekry het toe pro- Ghaddafi magte dit vir drie maande beleër het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie