• Tuisblad
  • Gesondheid
  • 23 gevangenes, nege leerlinge in die Noorde toets positief vir Covid-19
23 gevangenes, nege leerlinge in die Noorde toets positief vir Covid-19
23 gevangenes, nege leerlinge in die Noorde toets positief vir Covid-19

23 gevangenes, nege leerlinge in die Noorde toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Nege leerlinge en 23 gevangenes is deel van die 53 nuwe gevalle van Covid-19 wat vandag aangemeld is. Die gevangenes is van die tronk op Oluno, terwyl die leerlinge van die gekombineerde skool Okaukwejo is. Uit die 53 nuwe gevalle is 29 mans en 24 vroue. Die jongste is 13 jaar oud en die oudste 68 jaar oud.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe is 32 gevalle in Oshakati, 11 in Windhoek ses in Rehoboth, twee in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Usakos en Walvisbaai aangemeld.

Nangombe sê nog twee mense het herstel, een elk in onderskeidelik in die Hardap- en //Kharasstreek wat die totaal vir die land op 11 038 te staan bring. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 817 waarvan drie in 'n baie ernstige toestand is. Dit sluit twee baie ernstige gevalle in Khomas en een baie ernstige geval in Oshana.

Tot op hede is 128 293 weefselmonsters getoets, 7 058 kontakte word gemonitor en 509 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 133.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer