23 nog vermis in sneeustorting
23 nog vermis in sneeustorting

23 nog vermis in sneeustorting

Estelle de Bruyn
Reddingswerkers in Italië, wat reeds vyf dae lank na oorlewendes soek ná 'n hotel weens 'n aardbewing onder sneeu begrawe is, het drie babahondjies uit die puin gered.

Die brandweer het 'n video van die drie bondeltjies wit wol, wat werkers in die Hotel Rigopiano se ketelkamer gekry het, uitgereik.

Nooddienste loop sedert die tragedie verlede Woensdag onder fel kritiek deur omdat hulle glo te lank geneem het om op hulpversoeke te reageer – selfs nog voor die sneeustorting.

Die hotel in Farindola, in sentraal-Italië, beweer hulle het gevra die besoekers moet verwyder word toe kleiner aardbewings in die gebied gevoel is, maar sê die mense wat 'n nooddienslyn beman het, het hul versoek nie ernstig opgeneem nie.

Die nooddienste kon die hotel eers 'n dag na die sneeustorting bereik, omdat die paaie onbegaanbaar was.

Ses mense se liggame is reeds gevind en 23 word nog vermis.

Nege mense is gered en nog twee het oorleef, omdat hulle nie in die hotel was ten tyde van die tragedie nie.

Die regering het onderneem om die prosedures wat in rampsituasies gevolg word, te hersien, terwyl 'n hof 'n ondersoek na die tragedie gelas het.

Die drie Abruzzo-skaaphonde wat Maandag gekry is, het in die ketelkamer oorleef nadat hul ouers, Lupo en Nuvola, voor die sneeustorting ontsnap het. Hulle is in 'n nabygeleë vallei gekry. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!