25 jaar, al het Zenobia berou
Die jong Swakopmundse ma wat haar dogter vermoor het, sal tot die ouderdom van byna 60 jaar agter tralies deurbring.
Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister hoe regter Christie Liebenberg haar vonnis fel.
Nadat hy sowat ’n halfuur lank die feite van die saak opgesom het, het die woorde gekom: “Die beskuldigde kan staan.”
Daarna het Liebenberg die jong ma vir haar “brutale, onmenslike en berekende” optrede tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op die klag van moord en 1 jaar op die klag van regsverydeling. Laasgenoemde sal saam met die vonnis van 25 jaar uitgedien word.
Seas is verlede Maandag skuldig bevind nadat sy beken het sy het op 26 September 2016 haar dogter sowat 200 km noord van Swakopmund in haar motor langs die see met ’n kombers versmoor. Dit was twee dae voordat klein Ava Owoses haar 3de verjaardag sou vier.
Volgens haar getuienis wou sy haarself ook daardie dag om die lewe bring. Sy het egter nadat sy Ava vermoor het, eers inskrywings in haar dagboek gemaak. Daarna het sy vir Ava se pa, mnr. Immanuel (Dumba) Owoseb met wie sy lank in ’n aftakelende en soms geweldadige verhouding was, teksboodskappe in vulgêre taal gestuur. Sy het ook vir sy nuwe meisie en vir haar familie teksboodskappe gestuur.
Die buurtwag van Hentiesbaai het haar en haar vermoorde dogter die nag in haar motor langs die see gevind. Dit was eers tóé dat sy die braaihout wat by haar voete in die motor was, aan die brand gesteek het. Die buurtwag het egter die motorruit gebreek en die brand geblus voordat enige noemenswaardige skade aangerig is.
Seas het getuig sy het geknak toe sy kort voor Ava se verjaardag uitgevind het Owoseb sal dit nie saam met hulle vier nie omdat hy en sy nuwe meisie besluit het om die keisersnee vir die geboorte van hul baba op Ava se verjaardag te skeduleer. Hy verjaar ook op dié dag.
“Ek was baie ontsteld; ek kon nie verstaan hoekom ’n ouer sy kind so baie haat nie. Ek het myself afgevra wat ek gedoen het om soveel ellende te beleef. Ek het gevoel ek en my kind sal beter af wees as ons nie meer in hierdie wêreld is waar niemand ons wil hê nie,” het sy in haar pleitverduideliking gesê.
“Ek het besluit om my en my dogter se lewe te neem, hopende dat ons rus sal vind,” was haar woorde.
Seas het vir Ava omstreeks twaalfuur die dag van die moord gaan oplaai by die plek waar sy in dagsorg was. Dit was omdat sy van Swakopmund af waar hulle by haar ouers gewoon het, met haar Windhoek toe wou ry sodat sy voortaan by haar pa kon gaan woon, was haar getuienis.
'Selfsugtig'
Liebenberg het in vonnisoplegging daarop gewys dat sy niemand oor haar plan ingelig het en ook nie by haar ouerhuis gestop het om Ava se klere te pak nie.
Sy het wel winkel toe gegaan om speelgoed, klere, kos en hout te koop – iets wat sy getuig het sy nie kon onthou nie.
“Dit is onvermydelik om tot net een gevolgtrekking te kom en dit is dat sy dit (die moord) van vroeg dié dag af beplan het,” het hy gesê.
Hy het bevind Owoseb se optrede het haar tot dié punt gedryf en dat sy haar dogter vermoor het om hom te straf. “Daar is geen regverdiging daarvoor dat sy haar woede op haar hulpelose, onskuldige kind uitgehaal het nie.
“Sy het dit vir haar eie, selfsugtige redes gedoen. Dit is ondenkbaar wat deur haar (Ava) kop gegaan het terwyl sy versmoor is,” het Liebenberg gesê.
Volgens hom was Seas se optrede “brutaal, berekend en onmenslik”.
Hy het gesê hoewel sy skuld beken en ongetwyfeld berou het vir wat sy aan haar kind gedoen het, “kan sy nie daardeur ’n lang vonnis vryspring nie”.
Verslae stilte het het oor die hofsaal gehang nadat Liebenberg die hof verdaag het. Mnr. Dirk Seas het met ’n stroewe gesig opgestaan en na sy dogter in die beskuldigdebank gestap.
Sy het hom omhels en geruime tyd met haar kop op sy skouer saggies gehuil. Van haar familielede en vriende het mekaar ook omhels en begin huil.
Seas, wat sedert die moord reeds in aanhouding is, het ook ’n ouer dogter van 7 jaar. Sy woon by haar ouers op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie