26 dood nu00e1 aanval in Somaliu00eb
26 dood nu00e1 aanval in Somaliu00eb

26 dood ná aanval in Somalië

Die dodetal van 'n motorbomontploffing Vrydagaand in Somalië staan op 26 en kan steeds styg, het owerhede gesê.

Talle buitelanders het ook in die aanval omgekom en die ergste word gevrees nadat 'n hotel in die hawestad van Kismayu in Somalië geteiken is waar plaaslike leiers en wetgewers besig was om die komende streeksverkiesing te bespreek.

Twee joernaliste, Mohamed Omar Sahal (35) en Hodan Naleyeh (43), se dood is Saterdagoggend bevestig.

Die polisie kon egter nie 'n aanduiding gee van hoeveel reeds gesterf het nie. Die militante Islamitiese groep Al Shabaab, wat die regering probeer omverwerp, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en het volgens berigte die hotel bestorm nadat die motorbom ontplof het.

Masjiengeweervuur het gevolg.

"Ons glo die militante is steeds in die gebou. Ons kan nie die dodetal bevestig nie, maar daar is baie mense in die gebou en die dodetal kan uiters hoog wees," het 'n polisielid aan Reuters per telefoon gesê.

Al Shabaab het gesê dat sy vegters hul pad na die hotel oopgeskiet het nadat die motorbom ontplof het. ’n Polisiebeampte op die toneel het gesê dat geweervuur sowat ’n halfuur ná die ontploffing opgehou het.

“Ons glo die militante is steeds in die gebou, het polisiekaptein Abdullahi Isak Vrydag telefonies aan die nuusagentskap Reuters gesê.

Volgens Abdiasis Abu Musab, woordvoerder van Al Shabaab se militêre operasies, is die hotel steeds onder die militante groep se beheer. “Ons het eers die hotel geteiken met ’n selfmoordmotorbom en toe gewapende guerrilla-vegters ingestuur. Daar is nog steeds gevegte binne die gebou. Daar is baie lyke in die hotel.”

Kismayu is die kommersiële hoofstad van Jubbaland, ’n streek in die suide van Somalië wat steeds gedeeltelik deur Al Shabaab beheer word.

Daar is gereeld bomontploffings in Somalië en die naburige Kenia, wie se troepe deel uitmaak van die Afrika-Unie se vredesmag wat die Somaliese regering bystaan met verdediging. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!