26 sterftes, 320 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 26 tot 3 761. Twee was tuissterftes en net een geval was ten volle ingeënt met die Johnson & Johnson-entstof. Onder die 320 nuwe gevalle is 27 leerlinge, vyf gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Die meeste gevalle is in //Kharas aangeteken en wel 81, gevolg deur die 48 van Khomas. Volgens die ministerie van gesondheid is 86,9% (278) nie ingeënt nie.
Die aktiewe gevalle staan tans op 10 418 waarvan 363 in die hospitaal en 27 in die ICU is. Uit die 363 in die hospitaal is 89,9% nie ingeënt nie, terwyl 92,6% van die gevalle in die ICU nog nie 'n dosis entstof ontvang het nie. Die herstelkoers staan op 92%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie