28 jaar gevangenisstraf vir bylmoordenaar
Regter Naomi Shivute het vanoggend (Dinsdag) die 44-jarige Israel Kapepu tot 28 jaar gevangenisstraf in die hoërhof in Windhoek gevonnis vir die moord op sy vriendin, Christine Ganses. Kapepu het Ganses op 28 Februarie by hul huis in Otjiwarongo met die agterkant van ’n byl teen haar agterkop geslaan en sy het op die toneel aan haar beserings gesterf.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie