29 dood in Nigerië se ‘wettelose’ Zamfara-staat
Gewapende rowers het losgebrand op 'n groep mense, onder wie vroue, wat van 'n mark af op pad huis toe was.
Minstens 29 mense is dood in Nigerië toe rowers ’n groep inwoners van die Kwari-nedersetting in die staat Zamfara ingewag en oorval het toe hulle op pad terug was van ’n besoek aan ’n mark.
Die Nigeriese publikasie Premium Times berig die slagoffers was Donderdagnag op pad huis toe van ’n mark in die Shinkafi-gebied toe hulle in ’n hinderlaag aangeval is.
Die slagoffers het vroue ingesluit wat die handelaars vergesel het, berig die Anadolu Agency-nuusagentskap.
Muhammad Shehu, polisiewoordvoerder, sê die groep mense was in ’n konvooi motors toe die gewapende rowers hulle omstreeks 23:45 oorval het.
Die Nigeriese nuuskanaal Channelstv.com berig alhoewel die voorval Donderdag plaasgevind het, het die polisie eers Saterdag die besonderhede oor die voorval in ’n verklaring bevestig.
Luidens die polisieverklaring is 13 lyke op die toneel gevind en 16 ander in nabygeleë bosse.
Shehu sê ’n taakspan wat bestaan uit die polisie se mobiele mag en teenterreureenheid is ontplooi om vrede in die gebied te herstel. Luidens die dagblad Vanguard kan die geweld in Zamfara, wat reeds vir jare duur, toegeskryf word aan onwettige mynaktwiteite en strydende kartelle.
Dennis Amachree, ’n voormalige assistentdirekteur van die departement van staatsdienste, is aangehaal waar hy sê die onderliggende kwessie in die moord op onskuldige mense is onwettige mynaktiwiteite.
Volgens Premium Times is meer as 3 000 mense teen Augustus verlede jaar in 40 verskillende aanvalle in die staat vermoor.
Volgens Abdullahi Shinkafi, die sekretaris van die regering van Zamfara, was die aanvanklike konflik tussen boere en skaapwagters en dit het ontaard in bendes wat in ’n klimaat van wetteloosheid aanvalle op burgerlikes uitvoer. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie