2de aanslag kom teen Australiese premier
Malcolm Turnbull, eerste minister van Australië, het vroeër die week 'n rebellie teen sy leierskap oorleef, maar 'n tweede uitdaging kan hom binnekort in die gesig staar.
Turnbull het Peter Dutton, minister van binnelandse sake, Dinsdag met 13 stemme geklop in die stryd om die leierskap van die liberale party.
Dutton het hierna uit die kabinet bedank.
Die stemming is gehou nadat peilings getoon het die party verloor steun. Daar was ook sprake daarvan dat Turnbull dit oorweeg om 'n vroeë verkiesing uit te roep.
Vrese bestaan in die Liberale Party dat hy 'n nederlaag in aanstaande jaar se verkiesing kan ly as Turnbull aanbly as leier.
Dutton se ondersteuners beplan om Turnbull weer die stryd aan te sê. Ministers in Dutton se kamp het hul bedanking aangebied in aanloop tot die hernieude stryd, berig The Guardian.
NIE BEDANKINGS AANVAAR
Michael Sukkar, Angus Taylor, Zed Seselja en James McGrath het Dinsdagaand uit die kabinet bedank, maar Turnbull het geweier om die bedankings te aanvaar, met die hoop om verhoudings met dié ministers te beredder.
Ná Dinsdag se stemming het Dutton nie 'n tweede stryd om die leierskap uitgesluit nie.
Sommige LP's meen dit kan later vandeesweek gebeur.
Turnbull kan vir eers veilig wees nadat Mathias Cormann, leier van die senaat, gesê het hy sal Turnbull lojaal ondersteun.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie