3 BBP's blits verby
NIKITA WRITES:
Ek het op Sondag 30 April 2017 vanaf Windhoek na Grünau gery.
Ongeveer 20 kilometer voor Grünau het 'n kavalkade van drie voertuie van die Noord-Kaap Provinsie my van agter af verbygesteek teen 'n geweldige hoë spoed. CPH782NC Land Rover het gelei, almal met flitsende blou ligte.
Die Land Rover het my verbygesteek en in die regeterbaan bly ry totdat die ander twee voertuie ook by my verby is. Duidelik om te voorkom dat die drie voetuie van mekaar geskei word.
Aankomende verkeer sou moes stop of uitswaai om die Land Rover te vermy.
Watse reg het Suid-Afrikaanse staatsvoetuie om in Namibië te ry soos hulle in Suid-Afrika ry? Het hulle toestemming van die Namibiese regering om die Namibiese paaie so oor te neem? Het die Namibiese regering sy burgers ingelig om voorkeur op die paaie te gee aan hierdie boewery?
Hierdie kavalkade met baie belangrike persone was op pad om 'n baie belangrike taak te gaan verrig: Om by die eerste kafee te stop om te ginnegaap en te hanna hanna.
Hierdie optrede, in Namibië of Suid-Afrika is uiters gevaarlik, arrogant, grootdoenerig en minagtend teenoor ander padgebruikers se regte en veiligheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie