3 dood in aanval in Belgiu00eb
3 dood in aanval in Belgiu00eb

3 dood in aanval in België

Die jongste Islamitiese terreuraanval in België het die lewens van drie mense geëis.
Drie mense is Dinsdag in die Belgiese stad Liege dood in wat beskou word as ’n terreuraanval.

’n Man het twee vrouepolisiebeamptes van agter af bekruip, hulle met ’n mes gesteek en hulle toe met hul eie vuurwapens doodgeskiet, berig SkyNews.

Die aanvaller het toe losgebrand op ’n motor waarin ’n 22-jarige man gesit het. Die man is doodgeskiet.

Die aanvaller het verder gehardloop en ’n vrou by ’n skool gyselaar gehou.

Die polisie het opgedaag en die aanvaller is doodgeskiet.

Volgens BBC is die aanvaller, Benjamin Herman, Maandag uit die tronk vrygelaat waar hy tronkstraf vir dwelmverwante oortredings uitgedien het.

Die moontlikheid bestaan dat hy in die tronk geradikaliseer is. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!