3 goed wat buitelandse beleggers van SA afskrik
3 goed wat buitelandse beleggers van SA afskrik

3 goed wat buitelandse beleggers van SA afskrik

Elvira Wood – Swak maatskappybestuur, kommer oor politieke stabiliteit en eiendomsreg is die drie grootste struikelblokke vir buitelandse beleggings in Suid-Afrika, sê die ouditgroep PwC.

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, het Woensdag in Rosebank, Johannesburg, aan die media gesê dit is die belangrikste redes hoekom beleggers hul geld eerder elders neem.

Kommer oor swak maatskappy-bestuur geld ook vir private maatskappye, sê sy. “Die Wêreldbank het ons ’n paar jaar gelede in dié kategorie nog baie hoog op sy mededingendheidsranglys geplaas – vir private en staatsentiteite – maar ons het intussen agteruitgeboer.”

Suid-Afrika is tans nommer 67 uit 181 lande ten opsigte van die gehalte van maatskappybestuur.

Beleggers is ook bekommerd oor die uitslag van die verkiesing op 8 Mei.

Krugel sê die regering moet ook vinnig duidelikheid oor eiendomsreg gee om beleggers gerus te stel. Hulle wil weet presies hoe dit gedoen gaan word en wat die spertye gaan wees.

Sy meen pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsberaad verlede jaar het wel gehelp.

“Ja, ek weet baie van die beleggings wat ten tyde van die beraad aangekondig is, was eintlik reeds vooraf beklink.

“Wat wel goed was, was dat die beraad dit onder die aandag van die hele wêreld gebring het. Dit was baie goed vir ander maatskappye en beleggers om te sien daar is groot beleggers wat bereid is om hier te belê.”

Krugel sê sy steun Ramaphosa se plan om vanjaar ’n soortgelyke beraad te hou.

“Suid-Afrika het buitelandse beleggings dringend nodig.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!