• Tuisblad
  • Sake
  • 3 nuwe, beter – en vir ’n slag goedkoper – iPhones

3 nuwe, beter – en vir ’n slag goedkoper – iPhones

Die drie modelle wat Apple Dinsdag bekend gestel het is, in volgorde van goedkoopste tot duurste, die iPhone 11, iPhone 11 Pro en die iPhone 11 Pro Max.
William Horne – Apple se nuwe iPhones is hier.

Benewens ’n monumentale verbetering in sy (nou) talle kameras, het Apple uiteindelik agtergekom dat hy dalk weer meer fone kan verkoop as hulle goedkoper is.

Die drie modelle wat Apple Dinsdag bekend gestel het is, in volgorde van goedkoopste tot duurste: die iPhone 11, iPhone 11 Pro en die iPhone 11 Pro Max.

Dié slimfone breek weg van verlede jaar se modelle, ook wat name betref. Waar Apple in 2018 sy beste fone as “die nuwe iPhone” bemark het en dan ’n ander naam-formaat benut het vir die goedkoper weergawe, het die maatskappy dié benadering nou op sy kop gedraai.

Nou is daar eerder die iPhone 11 as die goedkoopste weergawe, met spesiale name vir die duurder modelle.

So wat kos die goed?

Die iPhone 11 het bykans presies dieselfde binnegoed as sy duurder boeties, maar is kleiner en het minder kameras. In die VSA sal sy prys begin by $699. In 2018 het die iPhone XR, wat sy goedkoper en beperkte voorganger was, aanvanklik vir $749 verkoop.

Nou kry jy ’n “volle” iPhone vir nog minder, soos Apple dalende verkope van sy brood-en-botter-produk probeer teenstaan.

Só lyk die pryse van vanjaar se groter iPhones:

· iPhone 11 Pro: Vanaf $999

· iPhone 11 Pro Max: Vanaf $1 099

Maar die goeie nuus oor pryspunte hou nie daar op nie.

Die iStore in Suid-Afrika sal ook vir die eerste keer verbruikers toelaat om hul ouer iPhones in te ruil om die prys van hul nuwe model nog verder af te bring.

Op die Vodacom-kontrakte wat by die iStore beskikbaar is, kan die waarde van ’n ingeruilde iPhone jou kontrak-betalings met tot R330 per maand verminder, berig MyBroadband.

Suid-Afrikaners sal enige iPhone vanaf die iPhone 7 tot verlede jaar se iPhone X-reeks vir die afslag kan inruil, na gelang van die toestand van die toestel.

As die nuwe iPhones steeds buite jou prysklas is, moenie huil nie. Apple het ook die pryse van sy ouer iPhones met die grootste hoeveelheid tot dusver gesny:

· iPhone XR (2018): $599 (was $749)

· iPhone 8 (2017): $449 (was in 2018 $699)

Die nuutste iPhones sal vanaf 27 September in Suid-Afrika beskikbaar wees, slegs ’n week nadat verkope in die VSA begin. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!