3 vroue met bomme slaan toe op restaurant
3 vroue met bomme slaan toe op restaurant

3 vroue met bomme slaan toe op restaurant

Niemand het nog aanspreeklikheid vir ‘n aanval op ‘n restaurant in Maiduguri in Nigerië aanvaar nie.
Drie vroue met bomgordels aan hulle lywe het minstens 13 mense se dood veroorsaak en 16 beseer toe hulle Sondag op ’n restaurant in die noordoostelike stad Maiduguri in die Borno-staat van Nigerië toegeslaan het.

Die eerste aanvaller het omstreeks 21:45 haar bom laat ontplof in die klein restaurant waar mense besig was om hul aandete te koop. Die ander twee het kort daarna gevolg.

Die aanval volg kort nadat lede van Boko Haram buite die stad gesien is, het ’n militêre bron aan die nuusagentskap AFP gesê.

Niemand het egter nog aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar nie.

Die Boko Haram konflik het sedert 2009 reeds die lewens van meer as 20 000 mense geëis en 2,6 miljoen gedwing om op die vlug te slaan.

Paaie na en van Maiduguri is gewoonlik oop vir verkeer, maar in werklikheid benodig voertuie militêre begeleiding vanweë die gevaar van aanvalle.

Nigerië se weermag en die regering hou vol dat Boko Haram verslaan is in volgehoue teeninsurgensie operasies teen die militante sedert vroeg in 2015.

Dodelike aanvalle het in onlangse weke afgeneem. Die veiligheidsmagte skryf dit toe aan hernude militêre offensiewe ná die reënseisoen in September geëindig het. Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!