3 vroue sê hulle is gereed om by Zuma oor te neem
Philda Essop - Drie vroue – dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Baleka Mbete en Lindiwe Sisulu – is in die wedloop om die nuwe ANC-president en dus moontlik die volgende staatshoof te word.
Sisulu, minister van menslike nedersettings, en Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het die naweek in afsonderlike koerantonderhoude aangedui hulle sal gereed wees om die partyleisels by pres. Jacob Zuma oor te neem as hulle gevra word om dit te doen.
Die party kies in Desember vanjaar nuwe leiers.
Sisulu het Saterdag aan die Sowetan gesê as meer ANC-takke haar vra om haar vir die presidentskap verkiesbaar te stel, sal sy dié versoeke gunstig oorweeg.
Sy is die afgelope ruk deur verskeie takke in die Oos-Kaap genooi om toesprake te lewer en het ook in Polokwane, sowel as in Vryheid, ANC-takke te woord gestaan.
Mbete, wat glo steun in die Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal geniet, het op haar beurt in 'n onderhoud aan City Press bevestig dat sy beskikbaar is vir die pos. Sy het aan die koerant gesê sy is reeds 40 jaar in diens van die ANC en het in dié tyd in verskeie poste gedien en is die eerste vrou wat die nasionale voorsitter geword het.
Dlamini-Zuma, uitgetrede voorsitter van die Afrika-Unie (AU), het die steun van die ANC-vroueliga en is reeds geruime tyd saam met adj.pres. Cyril Ramaphosa een van die gunstelinge om Zuma op te volg.
Sy het die naweek in 'n toespraak gesê as 'n vrou tot president verkies word, sal sy vroue bemagtig en hul bevryding versnel.
Zuma het ook haar veldtog verlede week 'n hupstoot probeer gee toe hy in sy afsluitingstoespraak op die ANC se beleidskonferensie in Johannesburg voorgestel het dat die party dit moet oorweeg om sy grondwet te verander om voorsiening te maak vir 'n tweede adjunkpresident. Die kandidaat wat nie tot president verkies word nie, sal dus die senior adjunkpresident word.
Amanda Gouws, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, het by navraag gesê as die ANC ernstig is oor 'n vrouepresident, het hy nou “twee beter kandidate” as Dlamini-Zuma.
“Mbete en Sisulu is baie ervare politici en ek dink hulle is nader aan wat in die regering gebeur as Dlamini-Zuma, wat lank by die AU was. Die feit dat hulle twee bekwame kandidate is, beteken egter nie hulle het nie hul skadukant nie.”
Sy het haar verbasing uitgespreek dat daar nie meer vrouekandidate is nie.
Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Mapungubwe-instituut vir strategiese oorweging, sê Mbete en Sisulu wou duidelik toon dat hulle nie deel is van die konsensus dat Dlamini-Zuma die enigste vrouekandidaat moet wees nie. “Albei is baie senior ANC-leiers. Dalk glo hulle nie hulle kan wen nie, maar stel hulle hul bloot verkiesbaar om Dlamini-Zuma se veldtog te ontwrig.”
Benewens Ramaphosa het ander manskandidate, onder wie Zweli Mkhize, tesourier-generaal, Jeff Radebe, beleidshoof, en Matthews Phosa, voormalige tesourier-generaal, ook al te kenne gegee dat hulle in die wedloop is.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie