30 brandbestryders sterf in 'reusevuurbal'
30 brandbestryders sterf in 'reusevuurbal'

30 brandbestryders sterf in 'reusevuurbal'

Dertig brandbestryders is dood in ’n bosbrand in die suidweste van China.

Sowat 700 brandbestryders veg sedert Sondag onverpoos teen die brande in die berge van Muli, ’n afgeleë distrik in die provinsie Sichuan, berig die BBC.

Luidens berigte het die windrigting verander en ’n “reusevuurbal” het die brandbestryders vasgekeer.

Alle kontak is met hulle verloor.

Hul lyke is Maandag van die berg verwyder.

Die dodetal is die hoogste vir brandbestryders in China sedert ’n ontploffing in ’n chemiese aanleg in Tianjin in 2015 die lewe van meer as 100 geëis het, het The New York Times berig.

Al Jazeera berig dat drie inwoners ook dood is toe hulle wou help om die brand te blus.

Bosbrande in China is algemeen in die lente, maar die regering het waarskuwings vir brande in Sichuan en ander gebiede uitgereik weens hoë temperature en droogtes.

’n Bosbrand in die provinsie Shanxi in die noorde van China is Sondag onder beheer gebring nadat dit twee dae lank gewoed het.

Geen steftes is in dié brand aangemeld nie maar sowat 9 000 mense moes ontruim word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer