30 jaar ná Vingerklip val

Ronelle Rademeyer
Hy sal die oggend van 7 Desember 1988 nie maklik vergeet nie, vertel die bekende oudomroeper, Frikkie Wallis, wat deesdae op Swakopmund woon.

“Ek was met die destydse SWAUK-oggendprogram Voorblad besig, toe ‘n luisteraar uit die Suide gebel het met die nuus dat die Vingerklip geval het! My kollega, die joernalis en skrywer Willie Olivier het ingestap en met sy kenmerkende droë sin vir humor gesê: ‘As jy vir soveel duisende jare gestaan het, sou jy ook omgeval het.’”

Daar kan steeds nie met sekerheid vasgestel word wat die oorsaak van die Vingerklip, of Mukurob (ook Mukarob gespel) se val was nie.

Daar is geglo dat ‘n reënstorm die vorige week die gedeelte waarop dit rus, verswak het, wat tot die ineenstorting bygedra het.

Nóg ‘n teorie is dat seismiese aktiwiteit van ‘n aarbewing in Armenië daardie nag sterk in Namibië waarneembaar was. Tot 45 000 mense is in die Armeense stad Spitak dood waar die aardbewing 6,9 op die richterskaal geregistreer het.

In ‘n onderhoud maande later het ‘n Suid-Afrikaanse seismoloog verduidelik die groot, sogenaamde vuurgordel, waarop Armenië ook lê, loop in die Kalahari dood.

Daar was in die tyd van die verwoestende aardbewing in Armenië weke lank groot seismiese aktiwiteit langs dié gordel.

Die Vingerklip, van 12 meter hoog en ‘n gewig van sowat 450 ton, was by sy basis net 1,5 m breed. Voor die val in 1988, was dit een van die groot toeristetrekpleisters in die land waar talle belangrike geologiese studies ook gereeld gedoen is.

‘n Spesiale posseël en eerstedagkoevert is in 1982 uitgereik.

Mukurob is op 1 Junie 1955 tot nasionale monument verklaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!