300 loodswalvisse spoel op strand uit

Jo-Mare Duddy Booysen
Reddingspanne het Vrydag probeer om loodswalvisse in 'n afgeleë baai in Nieu-Seeland te red.

Sowat 300 loodswalvisse het op die Golden Bay-strand gelê ná een van die land se grootste walvisstrandings.

Honderde vrywilligers het met dagbreek na Golden Bay gestroom om walvisse wat oorleef het in die water te plaas, waarna 90 weens die laaggety weer vinnig gestrand het.

In die hoop om meer walvisse met hooggety Vrydagaand te red, het reddingspanne beurte gemaak om water oor die gestrande walvisse te gooi om hulle koel te hou, terwyl skoolkinders gesing het om die gespanne diere te help ontspan.

'n Bewaarder het gesien hoe die walvisse Donderdagaand op die strand uitspoel. Die land se bewaringsdepartement het weens veiligheidsredes teen 'n reddingspoging in die nag besluit.

Selfs vir 'n land met die meeste walvisstrandings in die wêreld, was die nuutste geval 'n groot skok.

Dit is Nieu-Seeland se grootste stranding sedert 1985, toe 450 walvisse in Auckland gestrand het, en die derde grootste op rekord.

Dit is nog nie seker wat tot die gebeurtenis gelei het nie, maar walvisstrandings is nie buitengewoon in Golden Bay nie.

Loodswalvisse is nie op die lys van bedreigde spesies nie, maar min is bekend oor hul getalle in Nieu-Seelandse waters.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!