31 sterftes, 96 nuwe gevalle
Die totale getal Covid-sterftes styg met 31 tot 3 864. Dit sluit drie tuissterftes en drie kinders 'n jaar in. Gister is 96 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 6,5%. Die meeste gevalle is in die Zambezi en wel 16, gevolg deur 15 in Khomas. Dit sluit 13 leerlinge, sewe onderwysers, twee studente en twee gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 9 378 waarvan 266 in die hospitaal en 25 in die ICU is. Tot op hede het 414 700 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 354 623 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 92,7%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie