31 vas ná verontagsaming van Covid-regulasies
Saterdag omstreeks 22:30 is 31 mense by die Funky Lab-nagklub in Onafhanklikheidsrylaan in die hoofstad weens die oortreding van Covid-19-regulasies vasgetrek.
Die nagklubeienaar, mnr. Thomas Nakashole (34), bekende musikant Sunny Boy of mnr. Pendukeni Shipushu (36) en mediapersoonlikheid Jossy Joss of te wel mnr. Joseph Ailonga het die regulasies oortree rakende die bedrywighede van nagklubs wat nie mag voortgaan nie, die koop en verkoop van alkohol en sosiale afstand. Al die oortreders is na die Windhoek-polisiekantoor geneem.
Die Khomasstreek se polisiehoof, komm. Joseph Shikongo het bevestig almal is aangekla, maar dié wat onmiddellik die boete van N$2 000 kon betaal kon daarna huis toe gaan.
“Ons hoef nie almal hier te hou nie. Die mense wat kan betaal kan dit doen, sodra hulle aangekla is. Dié wat die inhegtenisneming wil teenstaan het die keuse om die saak hof toe te vat. Ons neem nie almal in hegtenis nie, tensy daar ander oortredings is soos crimen injuria, opsetlike skade of dwarsboming van die gereg,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie