32 bemanningslede vermis nadat 2 skepe bots
32 bemanningslede vermis nadat 2 skepe bots

32 bemanningslede vermis nadat 2 skepe bots

Minstens 32 mense word vermis nadat ’n olietenkskip en ’n vragskip Saterdag aan die ooskus van China gebots het.

Die Sanchi-tenkskip, wat in Panama geregistreer is, het 136 000 ton olie van Iran vervoer en het ná die botsing aan die brand geslaan. Die waarde van die vrag beloop US$60 miljoen.

Volgens die ministerie van transport in China is die vermistes almal bemanningslede van die tenkskip – 30 van Iran en twee van Bangladesj. Al 21 bemanningslede van die vragskip is gered.



Die brand op die Sanchi-tenkskip is nog nie geblus nie en reddingswerkers werk onverpoosd om ook ’n oliekol op te ruim.

Die staatsuitsaaier, CGTN, het ’n foto gepubliseer wat wys hoe groot rookwolke uit die tenkskip borrel.

Die botsing het sowat 296 km van die kus van Sjanghai gebeur.

Agt skepe van China help met die soek-en-reddingspoging.

China se nuusagentskap Xinhua berig dat Suid-Korea ook ’n skip van sy kuswag en ’n helikopter gestuur het.

Volgens Reuters was die olietenkskip van Kharg-eiland in Iran na Daesan in Suid-Korea onderweg.

Die vragskip, CF Crystal, is in Hongkong geregistreer en het 64 000 ton graan van Amerika na die suide van China vervoer. – Netwerk24/Reuters/CGTN

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!